Die veroordeelde Clive Derby-Lewis het niks te doen met ʼn afpersingsaak in die gevangenis nie, het sy prokureur Donderdag gesê.
Lees meerAlles vir Donderdag 24 Julie 2014
Renosterkarkas by Mapungubwe-wêrelderfenisterrein
ʼn Renosterkarkas is by die Mapungubwe-wêrelderfenisterrein in Limpopo opgespoor.
Ma skuldig bevind ná baba op snelweg stap
ʼn Tienervrou wie se kind in April op die N1-snelweg geloop het, is Donderdag skuldig bevind aan poging tot moord en kinderverwaarlosing.
10 toeriste ernstig beseer in Mpuma-ongeluk
Altesaam 17 mense, insluitend 10 toeriste van Amerika, Nederland, Kanada, Duitsland en Switserland is Donderdag in Mpumalanga beseer in ʼn ongeluk tussen twee minibusse, ʼn motor en ʼn vragmotor.
Puk-optog: “Studente is reg, nie regs nie”
Die vakbond Solidariteit het Donderdag gesê hy steun Puk-studente se regmatige aanspraak op moedertaalonderrig. Dit kom nadat die Hoër Onderwys Transformasienetwerk (HETN) die vakbond as ‘n “regse” organisasie beskryf het weens sy ondersteuning vir studente se optog vandag by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus.
Vliegtuig van Air Algerie het glo neergestort
ʼn Vliegtuig van Air Algerie met 116 mense aan boord, insluitend burgers van Frankryk en Spanje, het moontlik weens slegte weer neergestort.
Vermiste man dood gevind
Gideon Stephanus Perold (59), ʼn bankier van Durbanville in Kaapstad wat sedert 11 Junie vermis was, se dood is Donderdag deur DNS-toetse bevestig.
Dwelmslaaf spuit lugverfrisser by lyk
Jurgens van der Merwe (29), ʼn moordverdagte en heroïenverslaafde, het lugverfrisser gespuit en dwelms gebruik nadat hy op sy vriendin (42) se lyk in hul woonstel in Alberton afgekom het, berig Beeld.
Video: Hy dans dat die krukke spat!
ʼn Ou oom sorg vir groot vermaak op sosiale media nadat hy soos ʼn jong mens geruk-en-rol het by ʼn partytjie.
Man skiet PTA-polisieman, homself
Adjudant-offisier Ben Strydom, ʼn polisiespeurder van die noorde van Pretoria, is Donderdag doodgeskiet toe hy ʼn man wat vir bedrog ondersoek word, in hegtenis wou neem.
Telefoonbieër koop Kyalami
Die Kyalami-renbaan is Donderdag op ‘n veiling in Hyde Park, Johannesburg verkoop.
Arno Carstens weer in hof vir dronkbestuur
Die musikant Arno Carstens het Donderdag in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van dronkbestuur.
Boek: Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes
Helena Bester, Suid-Afrika se voorste kenner van ADHD, se leesbare en omvattende gids bevat die jongste inligting oor ADHD by kinders én volwassenes.
Tuinier steek glo voertuig aan die brand met vrou binne-in
Die Alberton-polisie in Gauteng is op soek na ʼn man in sy 50’s, nadat hy Donderdagoggend glo petrol oor motor uitgegooi het, en dit aan die brand gesteek het terwyl ʼn vrou nog binne die voertuig was.
Uitdrukking: Soveel weet van iets as die man in die maan
Wie is die “man in die maan” en waarom is hy so onkundig? Lees vandag se Taaltoffie vir meer!
Foto’s en klank: “Los ons taal uit,” sê Pukke met optog
Studente aan die Noordwes-Universiteit hou tans ‘n optog by die universiteit se Potchefstroomkampus waartydens ʼn memorandum met eise aan Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, oorhandig sal word.
Nie gou skietstilstand in Gasa
Israel het by monde van sy minister van wetenskap die moontlikheid van ‘n spoedige Israelse onttrekking uit die Gasastrook as “onwaarskynlik” beskryf.
Ouerpaar verloor hul drie kinders in MH17-vlugramp
“Ons pyn is intens en onverbiddelik. Ons lewe in ‘n hel verby die hel.” Dit is die woorde van Anthony Maslin en Marite Norris nadat hul drie kinders in die MH17-vlugramp omgekom het.
Pediater aangeval: Veiligheidsmaatskappy help glo nie
Dr. Anthony (Tony) Allden, ʼn bekende pediater van Pretoria, is steeds in ʼn stabiele toestand in die Montana-hospitaal nadat hy Woensdag in die vroeë oggendure by sy huis in Amandasig geskiet is.
Resep: Maalvleis en noedelgereg
Berei gerus dié heerlike maalvleis en noedelgereg vir jou gesin voor!