Jardine, wat uit ʼn rugbyfamilie soos min kom, is Maandag tot die nuwe president van die Goue Leeus rugby-unie verkies.
Lees meerAlles vir Maandag 17 September 2018
Selfs die All Blacks voel neerlaag op die ranglys
Wêreldrugby se ranglys word volgens ʼn ingewikkelde formule bepaal, maar is soos al sulke goed hoogstens net ʼn aanduiding van wat in toetsrugby aangaan.
Drie KZN-studente sterf die afgelope naweek
Drie studente is die afgelope naweek in KwaZulu-Natal in afsonderlike voorvalle doodgesteek en -geskiet.
Polisieman ernstig beseer, familielid dood toe groep toeslaan
Die mans het ʼn geluid onder hul voertuig gehoor en toe hulle stilhou, het die verdagtes hulle uit die motor gepluk en op hulle losgebrand.
Machadodorp-video: Talle vas ná gewelddadige betogings
Chaos het losgebars ná ʼn video soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het van twee mans wat ʼn man na ʼn bakkie toe sleep en hom hardhandig hanteer.
‘Solidariteit se staking byt nou seer’ by Sasol
“Solidariteit se staking byt nou seer. Elke uur agter is miljoene rande.”
Loonooreenkoms met AngloGold Ashanti bereik
Motsamai Motlhamme, hoofonderhandelaar van die goudvervaardigers, het gesê hulle is in hul skik dat hulle uiteindelik ʼn ooreenkoms bereik het ná die uitgerekte onderhandelings.
Kaapstad-damvlakke bereik allemintige 70%
Die stad se uitvoerende adjunkburgemeester, Ian Neilson, het gesê die metro het verlede week aangekondig dat waterbeperkings en die gepaardgaande hoër tariewe vanaf Oktober verslap sal word.
Vergelyking: Stryd van die titane
Dié drie voertuie is heel bo aan die sportnutsvoertuig-voedselketting. Al verskil hulle almal in hul benadering, is die eindproduk onweerlegbaar.
ToekomsVenster: Jou eie lewe moet getuig
Ons wil sekerlik almal geken word as mense wat op geloofwaardige wyse ons getuienis in hierdie wêreld uitleef. Jakobus help ons met die meetsnoer wat daarvoor aangelê word.
Gebarste band lei glo tot busongeluk
Die bestuurder van die bus, wat met meer as 30 passasiers van Zambië na Gauteng onderweg was, het omstreeks 06:30 op die N1 suid van Mookgophong beheer oor die voertuig verloor, vermoedelik nadat ʼn band gebars het.
Hef aan lê nog voor in stormgeteisterde VSA
“Dis nog nie verby nie. Hoegenaamd nie.”
Beurtkrag dreig weens steenkooltekort
“Hulle kon ten minste vroeër begin het om geleidelik steenkool tussen kragsentrales rond te skuif, maar dit het helaas ook nie gebeur nie.”
Swaar vonnis gevra ná moord op bejaarde
WAARSKUWING: Die besonderhede in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.
Die wêreld in foto’s – 17 September 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
‘ANC-transitorower’ hoor oor borgtog
Landdros John Baloyi het verlede week die staat se saak as swak bestempel nadat hulle volgens hom nie daarin kon slaag om te bewys dat die beskuldigdes wel verantwoordelik was vir dié transitoroof nie.
Gewilde koswerklikheidsreeks weer in 2019 op die kassie
Kyk hier hoe jy kan inskryf as jy dink jy is Suid-Afrika se volgende “Kokkedoor”.
Coleske-twis: Dis tussen maatskappy en werknemer, ‘nie tussen broers’
“Daar is ʼn groot, réúse-onderskeid tussen ʼn persoon wat iemand hof toe sleep, en ʼn maatskappy wat dagvaar vir ʼn maatskappybate.”
Staatskaping: ‘Dít is hoekom ons die Guptas se rekeninge gesluit het.’
Die spyker in die doodskis was ʼn geskrewe versoek deur die Guptas se Oakbay Investment-maatskappy om R1,4 miljard in ʼn trust van die bank oor te plaas vir die “rehabilitasie van Optimum”.
Wen: Wyn-en-kosfees om die lente te verwelkom
Vyf gelukkige Maroela Media-lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie na die fees op Sondag 23 September wen.