Nadat die Pendoring-toekennings verlede jaar sy deure vir inheemse Afrika-tale oopgegooi het, was vanjaar se toekennings wéér ʼn “ware Suid-Afrikaanse viering” van kreatiwiteit, uniekheid, insig en veelsydigheid.
Lees meerAlles vir Vrydag 27 Oktober 2017
Lekker rugby – en Griekwas bly in die Premierliga
Tensy daar soos maar elke jaar weer ʼn paar eie ekke is wat hulle eie bonde se belange voorop stel om die stelsel te probeer verander, sal daar nie aanstaande jaar weer ʼn uitspeelreeks wees om die Curriebekerspanne te bepaal nie.
Kan Goue Beker faam van naelbytfinale volhou?
Die SA Rugbyunie (Saru) se Goue Bekerreeks vir die oop klubs het ʼn reputasie van naelbyt-eindstryde opgebou.
JF Kennedy-sluipmoord: Dokumente vrygestel
Die Amerikaanse Nasionale Argiewe het ʼn gedeelte van die dokumente aan die publiek vrygestel wat verband hou met die sluipmoord van pres. John F Kennedy in 1963, alhoewel sommige van die dokumente steeds deur die Withuis teruggehou word vir veiligheidshersiening.
Nog geen vergoeding vir veerboot-slagoffers
ʼn Kanadese toeris, wat beserings opgedoen het toe ʼn veerboot van Robbeneiland probleme ervaar het, het tot dusver nog nie enige vergoeding ontvang nie.
‘Terreur-tweeling’: Grondwetlikheid onder die loep
Die grondwetlikheid van terreurdade was Vrydag steeds ʼn kwessie in die Johannesburgse hooggeregshof tydens die hofsaak van Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie.
Bejaarde paartjie in Pinetown aangeval
ʼn Bejaarde paartjie van Pinetown in KwaZulu-Natal is Vrydagoggend in hul huis oorval.
Ontsnapping: Een voortvlugtige aangekeer
Die polisie in Limpopo het een van die ses gevaarlike gevangenes aangekeer wat Donderdagaand uit die Kutama Sinthumule-gevangenis in Louis Trichardt ontsnap het.
ToekomsVenster: Stukkende kerke
Help ons om ons liefdeloosheid en vooroordele eenkant toe te skuif; om mekaar in liefde te omhels.
Gesondheidshoof onder skoot by Esidimeni-verhoor
Dumi Masondo, geskorste voorsitter van die Gautengse Hersieningsraad vir Geestesgesondheid, moes moeilike vrae beantwoord by die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor.
[Foto’s] Boer Hennie en sy Jacobu deel troufoto’s
Boer Hennie Lötter van die negende reeks van Boer soek ʼn vrou en sy “onverwagse liefde”, Jacobu Muller, het vandeesweek hul troufoto’s gedeel nadat hulle vroeër in Oktober afgehaak het.
[Foto’s] Plaasmoord: Jong boer roerend gegroet
Die NG Kerk Verkeerdevlei was vandag stampvol met meer as 300 familielede, vriende en ondersteuners teen plaasmoorde wat dié merkwaardige jongman kom groet het.
[Foto’s] Dieretuin spog met talle nuwe babas
Die ooievaar het by die Nasionale Dieretuin in Pretoria gaan kuier en talle babadiertjies is in Oktober daar verwelkom.
Man sterf ook ná Limpopo plaasaanval
Cecil Peterson (82), die man wat kritiek gewond is nadat hy en sy vrou, Pat, in September op hul plaas tussen Modimolle (Nylstroom) en Bela-Bela (Warmbad) aangeval is, is oorlede.
[Video] Eenjarige ken al die karre
Beskou jy jouself as ʼn motorkenner? Dié eenjarige kan jou waarskynlik ore aansit.
‘Die man wat voor my sit, is Freddie se moordenaar’
Mariana se man, Freddie, is in Desember 2014 buite Hartenbos vermoor. Sy moordenaar is gister gevonnis. Mariana skryf hoe sy saam met haar man se moordenaar op hul plaas moes stap tydens die ter plaatse ondersoek en hoe die moord haar en haar kinders se lewens onherroeplik verander het.
Ai, as die Kings net bietjie meer veggees wil toon …
Dis feitlik Dawid teen Goliat, of so lyk dit op die Pro14-puntelys, wat Vrydagaand se stryd tussen die Glasgow Warriors en die Southern Kings betref. Die Cheetahs sal egter Saterdagaand met meer vertroue teen Zebré opdraf
[Foto’s] Padtoets: Lekker dalk dwaas, maar slim is baas
Die Toyota Yaris bly getrou aan Toyota se resep. ’n Eenvoudige voertuig met ’n doelgerigte uitleg. Geen fieterjasies binne of buite nie. Die resultate bly ook die selfde
Boer se moordenaar gevonnis
Freddie Tolman (52) se gesin is verlig dat een van sy moordenaars gevonnis is, maar het nog baie onbeantwoorde vrae.
‘Wiskunde-vraestel makliker as rekordeksamen’
“Ek reken die vraestel het genoeg uitdagings vir die leerders gebied wat gewoonlik 90% in die vak behaal, terwyl daar steeds vrae was wat leerders sou kon beantwoord wat dalk nie so sterk is in die vak nie.”