Video: Bou jou stroppe voor die tyd

Die sanger Pieter Smith besig om te hengel op die strand naby Hentiesbaai in Namibië. (‘n Skermskoot uit die jongste episode op ‘Byt en buskruit’.)

Adam Tas vat sy goeie vriend Pieter Smith in die jongste episode van Byt en buskruit saam om in Namibië te gaan visvang.

Die twee manne hengel buite Hentiesbaai sommer van die strand af. Smith slaan ʼn heerlike kerriepotjie aanmekaar vir dié episode en hulle sluit die aand langs die kampvuur op die maat van ʼn getokkel op die kitaar af.

Tas het natuurlik ook weer ʼn wenk wat jou sal help om die grootste visse die vinnigste langs die viswaters uit te trek. Hy verduidelik waarom dit altyd ʼn goeie plan is om stroppe vooraf te bou en byderhand te hou as die groot visse eers begin byt.

  • Moenie hierdie episode van Byt en buskruit misloop nie. Elke episode word weekliks op Dapper Media bekendgestel waar dit heeltemal gratis aanlyn gestroom kan word. Al wat jy nodig het, is toegang tot die internet en ʼn Dapper Media-rekening. Kliek hier om gratis op Dapper Media te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.