Die Suid-Afrikaanse dokter wat oornag bekend geraak het as “die singende dokter” roer weer hartsnare.
Lees meerAlles vir Maandag 11 November 2019
Allan Gray oorlede: ‘Hy laat blywende nalatenskap’
“Ons gedagtes is met sy familie en as kollegas en vriende rou ons saam met hulle oor die dood van ʼn man wat ʼn onmeetbare impak op baie lewens gemaak het as entrepreneur, belegger en filantroop.”
SAL lê dalk meer as 900 werkers af
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het met ʼn herstruktureringsproses begin wat moontlik tot honderde werksverliese kan lei.
Drie geskiet tydens ‘argument’ by motorhandelaar
ʼn Man is doodgeskiet en nog twee gewond nadat ʼn man op hulle losgebrand het by ʼn motorhandelaar in Klerksdorp in Noordwes.
Zondo-kommissie ‘moet Zuma dagvaar’
“Die Zondo-kommissie moet dus verseker dat Zuma voor hom verskyn om kritieke vrae te antwoord oor sy rol in staatskaping.”
Man maande ná reuserooftog vas
Gregory Fourie (43) het Maandag in die Kemptonpark-landdroshof verskyn nadat die Valke al maande lank op sy spoor was in verband met ʼn rooftog in Stilfontein, Noordwes, vroeër vanjaar.
ToekomsVenster: Die teken sê stop
Waarom jaag ons oor God se stopstrate?
2 vas vir Nelspruit-plaasaanval
Die derde verdagte, wat op die toneel dood is, is intussen as ʼn pastoor van Mpumalanga geïdentifiseer.
ArcelorMittal gaan sy Saldanha-aanleg sluit
ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) het vandag bekendgemaak dat 900 mense teen die eerste kwartaal van 2020 afgelê sal word wanneer Amsa sy staalaanleg in Saldanha in die Wes-Kaap sluit.
Senior amptenaar se ‘prokureursvriend’ toe nié prokureur
Die meester van die hooggeregshof in Mpumalanga en haar vriend bly in aanhouding weens klagtes van bedrog.
Die wêreld in foto’s – 11 November 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Unisa-vraestelle wéér gelek
Studente aan Unisa is boos nadat ʼn reeks vraestelle wéér enkele dae voor die eindeksamen gelek en te koop aangebied is.
7 wenke vir ʼn bruin vel sónder die son
Jy hoef nie in die son te lê om daardie goudbruin kleur te kry wat ʼn mens oor die Desember-vakansie begeer nie.
Veewagter gevonnis vir moord op werkgewer
ʼn Veewagter is Maandag in die Oos-Kaap gevonnis, nadat hy verlede jaar sy werkgewer oor ʼn salarisgeskil vermoor het.
Sakeliga wil nuwe lewe in plaaslike, internasionale sakekamers blaas
Die organisasie sal ook Suid-Afrikaanse sakelui in ander lande nader.
TV: Kunsmatige intelligensie, stembeheer jongste neigings
Dit beteken jy kan sommer van die rusbank af die ketel aanskakel of die waaier aansit met die krag van jou stem.
Suid-Afrikaanse universiteite selfs beter as voorheen
Twee van Suid-Afrika se universiteite is deel van die top-200 universiteite wêreldwyd.
Sentrum vir bek-en-klouseer dekade later steeds onvoltooid
Die DA doen ’n beroep op die LNR om die sentrum vir bek-en-klouseer te voltooi na nóg ’n uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo.
Natalse LUR vir onderwys blaas glo halfmiljoen op huurmotor
Die LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal het sedert Mei vanjaar glo R500 000 van belastingbetalers se geld aan ʼn onnodige huurmotor bestee.
Bobby oor AIG: ‘Dit is regtig swaar’
Van Jaarsveld het reeds ʼn tyd gelede al ʼn liedjie saam met Demi Lee Moore opgeneem wat hulle nou nié by die vertoning sal kan sing nie.