Natalse LUR vir onderwys blaas glo halfmiljoen op huurmotor

Kwazi Mshengu (Foto: Twitter)

Kwazi Mshengu, LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, het sedert Mei vanjaar na bewering R500 000 van belastingbetalers se geld aan ʼn huurmotor bestee in plaas daarvan om bloot van ʼn voertuig tot sy beskikking gebruik te maak. Dit terwyl skole in dié provinsie soms nie eens lopende water het nie.

Die DA het ʼn beroep op Sihle Zikalala, premier van die provinsie, gedoen om ondersoek in te stel na dié bewerings wat oor die naweek aan die lig gekom het.

Luidens berigte het Mshengu geweier om die motor te gebruik wat sy voorloper gebruik het, aangesien dié motor glo onpadwaardig is. Mshengu het na bewering selfs ʼn bedrieglike brief van Mercedes-Benz gebruik om dit te staaf.

Luidens berigte het die LUR volstrek geweier om die motor tot sy beskikking te gebruik. Dié motor staan bloot ongebruik by sy kantoor.

Die einste LUR het vroeër vanjaar gedurende sy begrotingsrede aangevoer dat die provinsie se onderwysdepartement “belaglik onderbefonds” is – ten spyte van die R54 biljoen wat die departement vir die 2019-’20 finansiële ontvang het. Mshengu het gedurende sy toespraak gesê KwaZulu-Natal is een van die drie armste provinsies en daarop gewys dat sommige skole in dié provinsie steeds nie elektrisiteit, lopende water of behoorlike sanitasiegeriewe het nie.

Dr. Imran Keeka, DA-woordvoerder vir onderwys, sê in ʼn verklaring die party beskou die aantygings in ʼn ernstige lig.

“Hierdie kom neer op ’n growwe misbruik van sy amp en die mag en voorregte wat deur die wet aan hom verleen word. Dit is ook ’n misbruik van die hoogste orde deur ’n senior openbare ampsdraer,” verduidelik Keeka.

Die DA vra dat Zikalala dringend ondersoek instel en terugrapporteer. Die party is egter van mening dat die premier nie alleen so ʼn besluit kan uitvoer nie en het ʼn skrywe aan die Openbare Beskermer gerig om Zikalala in die ondersoek by te staan.

Indien die bewerings teen Mshengu die waarheid is, verwag die DA dat Mshengu summier afgedank word, sê Keeka.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

So geldmors mond moet “jam” kry = uit ‘n toe blik!

Willie ·

CR is baie gepla met investering van die buiteland, plaas dat hy korrupsie behoorlik vasvat…

charmaine ·

Die onderwys in KZN was nie onderbefonds nie, hulle het gevat en wou nog meer he.
Indien die motor wat by die Kantoor staan en stof opgaar skenk dit aan iemand regtig in nood is vir n motor.

Tienie ·

Johan beter kan niemand dit stel nie….

Hulle almal het maar die probleem…

Jerry B ·

Lyk baie intelligent op die foto. En so is hulle besig om staatskas leeg te maak. Sal nie n hel aan die armes dink nie, net sy eie sak.

K P ·

Hierdie is n klomp trog vreters wat nie n dit omgee vir hulle eie mense wat nie geld het. Alhoewel hulle met verkiesingstyd aan al die armes verkondig hoe hulle met hulle vereenselwig Dit is n probleem oor dekades in Afrika en dit verander nie

Kootjie ·

Hy teken net die tjek! Dis al wat hy gedoen het!!! Nou ry hy maar net met die kar? Of het hy sommer ook ‘n witbaadjie bestuurder? Hy is nou mos vernaam! Wat wou?

Devil ·

Dat hierdie mense nie skaam kry nie is vir my verbysterend!

KaterinaKat ·

Sommiges het eenvoudig net nie daardie ingebore kapasiteit om skaam te kry nie. Om die waarheid te se, lyk dit vir my daar is miljoene der miljoene mense op hierdie planeet wat gebore is sonder daardie eienskap. Van alle rasse, ouderdomme en geslagte. Dis soos n vorm van psigopatie.

Tienie ·

Devil. Jy maak nou die duiwel in my wakker om iets te sê…..

Nee hulle kan nie. Jy weet mos!

TLC ·

Gemors almal van hulle dink net aan hulself die ondergang van sa
Geen wonder ons sit in die gemors nie

ap ·

presies almal leer by leermeester zuma , magashule , en manne van staats instellings

Emma ·

Besef die mense nie die land en ons belasting betalers trek swaar nie. Fire hom

Kat se kos ·

Die Afrikaner is arm en bankrot van ware leiers.
Iemand soos Afriforum moet nou die leiding neem om ons land te red. Die VF+ is te slap om die Afrikaner te red. Hulle is nou nog dronk van die paar stemme wat in hulle skoot geval het met die verkiesing. Ons moet saamstaan en vir #1 vertel dat die land hom net drie maande gee om onslae te raak van die bloedsuiers in die parlement en die provinsiaale regerings. Indien hy nie mooi verstaan nie moet ons hom terselfde tyd verwittig dat all die blankes gaan ophou om belasting te betaal. Ons sal die geld in n wettige fonds sit todat die regering gehoor gee. Dan kan hulle weer die geld kry. Ons sal ook ons geld direk aan Eskom betaal en aan die plaaslike water raad, sodat ons ongehinderd kan voortgaan om te werk en te lewe. SO kan dit nie aangaan nie.

colleen ·

Niks gewoond nie. Wat worry hy in elk geval of die voertuig padwaardig is? Hy weet nie eers wat padwaardigheid behels nie.

Toffie ·

Nogal MERCEDES! Ek lag veral as ek dink CR se opmerking verlede week oor staatsamptenare se attitude. Hoe hierdie mense wegkom met hulle blatante gedrag verbaas my. Ons lees elke week n storie oor miljoene rande wat vermors word. Dan hoor jy nooit weer iets. Geen navevolge. Die opposisie wat kla daaroor blah blah blah. Hulle maak net lawaai. As ek nie jammer was vir diere het ek voorgestel gee hulle esels om op te ry. Of gee hulle karre wat nie padwaardig is!!

Mrs H ·

Wonder hoe bestuur hy op die paaie wat nie “motorwaardig” is nie… Snaaks, sou gedink het hy weier dit ook?!

Erika ·

Hy moet sommer Uber, want dan is hy veilig en dit is vir ons goedkoper en sommer optyd ook by skole!

Jannie van Niekerk ·

Die spul is niks gewoond nie nou moet hulle belastingeld gebruik. Hulle is te skaam om hulle Chinese tjommies se goedkoop junk (Cherry QQ) te ry. Waarom kan hy nie ‘n voertuig by die staatsgarage trek nie? O ja ek het vergeet: Dit sal sy “beeld skaad.”
Pres Rampspoed sal hom nie laat vervolg nie.

PaulV ·

Nee Rudi, een biljoen is een duisend miljoen. ‘n Biljoen en ‘n Miljard is een en dieselfde. Ek wens die Afrikaanse media wil ophou om miljard te gebruik; dit is verwarrend vir die meeste mense.

What is Milliard equal to?
Term equivalent to 1,000,000,000 (billion) = Equivalent to one thousand million, or 1000 x 1,000,000. Term is used primarily in Europe.
The word “milliard” has since gone out of use in British English. It never existed in US English.
Much of the confusion over the usage of these words derives from variants of the word “milliard” remaining in common usage (and meaning a thousand million) in other European languages, e.g. Spanish millardo, French milliard, German milliarde, Polish miliard and Russian миллиард.
Remember these words translate into “billion”. And there is no longer any distinction between British and US usage.

Gert van Wierdapark ·

Wens iemand kan daai geldmors glimlaggie van hom verander!

George in Bloem ·

Skandalige vent. In enige behoorlik funksionele demokrasie sou hy afbetaal wees en moes terugbetaal maar in hierdie defacto eenparty ANC onbevoegde korrupte staat,wat is die kanse? Erens tussen zero en bokkerol. Absoluut belaglik.

Leon ·

Haai hy is dan so ‘n voorbeeldige ANC kader. doen alles wat in die ANC se handleiding is korrek.

Elvira ·

Tronk toe met jou. Jy beter daai geld terugbetaal of hulke moet dit van jou vet salaris of pensioen verhaal. Lekker om met ander mense se geld te jol ne.

Peet ·

Net weer ‘n bewys dat ons leiers in silos lewe. Die ou kan nie ‘n snaars omgee wat om hom gebeur nie.
Net ‘n akademiese vraag – betaal dié “blesees” ooit byvoordeel belasting – soos ons op ons klein motortjies wat ons in elkgeval vir werk moes gebruik?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.