Maar daar is ander belangriker redes hoekom die alumni van die NWU die 150-jarige bestaan van hierdie instelling kan en moet gedenk, skryf Theuns Eloff.
Alles vir Maandag 11 November 2019
Valke slaan toe op dagga-laboratorium
Die eienaar van ʼn beweerde dagga-laboratorium in Brits in Noordwes is in hegtenis geneem.
Verkiesing in Spanje: swaai na regs, maar steeds geen verandering
Anders as in meeste Europese lande speel streekpartye in Spanje ’n belangrike rol en is dikwels diegene wat die weegskaal laat swaai, gewoonlik na links.
Saai wil plan aan VN voorlê om familieboerderye te beskerm
Saai het ’n konsepresolusie opgestel om familieboerderye te beskerm en die oogmerk is om dit volgende jaar aan die VN voor te lê.
Valke ondersoek dood van bevelvoerder
ʼn Bevelvoerder van een van die Valke se ondersoekspanne is Sondagaand dood in haar huis in Kaapstad aangetref.
Nuuskommentaar: Hoeveel tyd nog vir meningsverskille oor klimaat, ideologie en die geskiedenis?
Daar is groeiende ongeduld by lande wat die meeste blootgestel is aan die gevolge van klimaatsverandering met lande en hul leiers wat traag is om die nodige aanpassings en bydraes te maak om die impak van klimaatsverandering teen te werk.
Resep: Paptert
Maroela Media-leser Tina Reynders sê dié paptert is vinnig, lekker en die opwas-proses maklik!
‘Die Wonderwese’ kry lewe met vuurblasers, kos uit ʼn boek
“Ek reël vir elkeen van my boeke ʼn boekpartytjie,” vertel Carina Stander. “ʼn Mens skryf baie lank aan ʼn boek en ek voel dis ʼn bietjie soos die geboorte van ʼn kind. Dis iets om te vier.”
Hoof van finansies ‘verdwyn’ by skuldgeteisterde munisipaliteit
Die hoof van finansies by die munisipaliteit wat die dorpe De Aar, Hanover en Britstown bedien, het ‘verdwyn’ te midde van reuseskuld.
Noodtoestand in Australië weens brande
Australië het ʼn noodtoestand verklaar weens verwoestende brande wat sedert Vrydag in Canberra woed.
Polisie fnuik roof by casino
Polisie slaan toe op rowers voordat hulle ʼn casino in Burgersfort beroof.
8,5 ton vullis uit Centurion-meer verwyder
Rommel uit die Hennopsrivier is in 340 sakke, sowat 25 kg per sak, gegooi.
Vandag se sportnuus
“Om my internasionale loopbaan met die Bokke se Trofee-toer af te sluit en om die ondersteuners se opgewondenheid te sien, is die perfekte manier om totsiens te sê.”
Ligte vliegtuig val, 2 beseer
ʼn Ligte vliegtuig het Maandagoggend in Springs neergestort.
Refentse gereed om Die Blou Hond aan die brand te sing
Lesers wat nog nie die kans gehad het om Refentse op die verhoog te sien nie kry op 14 November die geleentheid om een van Afrikaans se gunsteling-mansstemme in die Die Blou Hond in die Ooste van Pretoria te hoor sing.
Tatjana, Netbal SA kry top-pryse
Springbokafrigter Rassie Erasmus en kaptein Siya Kolisi het ook elkeen met ‘n toekenning weggestap.
Beurtkrag: Só lyk situasie vir die res van die week
Eskom het gesê sy tegnici werk onverpoosd om onbeplande onderbrekings in kragtoevoer te herstel en onderhoud te doen ten einde die kragvoorsiener se noodreserwes aan te vul.
Tienerseun vermis in see; vrou gered
“By ons aankoms op die toneel is daar onmiddellik begin met ʼn soektog na ʼn 15-jarige seun wat glo onder die water verdwyn het terwyl hy geswem het.”
Gedagte vir die dag: Reik uit
Julle moet mekaar steeds met ware broederliefde liefhê. Moenie nalaat om gasvry te wees nie. Deur gasvry te wees het party mense, sonder dat hulle dit besef, selfs engele tuis ontvang! (Hebreërs 13:1-2)