Soorte resepte:

Resep: Paptert

Foto: amcasa.co.za

Maroela Media-leser Tina Reynders sê dié paptert is vinnig, lekker en die opwas-proses maklik!

Bestanddele

  • 2 k rou mieliemeel
  • 2 k melk
  • 2 k room
  • 2 blikke geroomde mielies
  • 2 t speserye
  • 500 g gesnipperde spek, gebraai
  • gebraaide uie, sampioene, groen soetrissie
  • 2 k kaas, gerasper

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam behalwe die kaas.
  2. Bak vir 15 minute teen 180 °C.
  3. Haal uit oond en roer 1 k kaas by.
  4. Strooi laaste koppie kaas oor en bak verder vir 30 minute. Haal uit en geniet!

Het jy ‘n lekker familieresep? Stuur dit vir ons hier!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

PEET ·

die resep van die paptert – moet jy nie eers die pap gaar maak nie.

Johan ·

Haha… Moes self nou mooi lees. Meer van ‘n Rou mieliemeel tert

Zettie ·

Die resep verwys na “2 t speserye”. Watter soort speserye? Moet alles so saam met die rou meel gemeng word of moet die pap eers wees? Help tog……ek wil dit so graag maak en het nog nooi.

SjN ·

Die meel gaan mos rou wees, ek het altyd gedink n paptert is iets anders.

Tina ·

Wil ook graag weet wat se “speserye”? Dalk iets soos Aeromat?

@zet ·

Jy moenie stop by .2 nie, jy moet aangaan tot .4 Dan sal jy sien, nog 30 min bak.

Patat ·

Mense mens kry verskillende paptert resepte… hierdie een meng jy alles die rou mieliemeel en alles saam en bak dan in die oond.. so die mieliemeel word gaar in die room/melk… ander resepte laat jou n slapper pappie maak en pak dan lae van die pap en die ander gebraaide bestandele tot bo en eindig dan met gerasperde kaas bo-or

Anja van der Merwe ·

Dagsê Lesers

Dankie vir jul kommentaar. Die mieliemeel word net so rou in die resep gebruik. Jy kan speserye van jou keuse byvoeg.

Lekker eet!

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

MJ ·

Hierdie is glad nie `n lekker paptertresep nie, dit het nie eers tamatie by nie en vertel glad nie hoedat die lae gepak moet word nie!~!!

Amelia ·

Dankie vir die Resep Anja – bewys weereens mense is nooit net happy nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.