Drie geskiet tydens ‘argument’ by motorhandelaar

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man is doodgeskiet en nog twee gewond nadat ʼn man op hulle losgebrand het by ʼn motorhandelaar in Klerksdorp in Noordwes.

Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes, het bevestig ʼn man het hom kort na die voorval aan die polisie oorgegee.

Volgens Botma het die verdagte, vermoedelik ʼn kliënt, Maandagmiddag omstreeks 14:20 in ʼn argument met werknemers van die motorhandelaar betrokke geraak waarna hy ʼn vuurwapen uitgehaal en op hulle losgebrand het.

ʼn Dertigjarige man, glo die eienaar van die motorhandelaar se seun, is op die toneel dood nadat hy in die bors geskiet is. Nog ʼn werknemer, glo ʼn bestuurder, en ʼn ander man is geskiet en gewond. Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Botma het gesê die beseerdes se toestand is in die stadium nie bekend nie.

Die argument het glo met ʼn saketransaksie verband gehou. Die 37-jarige verdagte sal binnekort in die Klerksdorp-landdroshof verskyn op aanklag van moord en twee aanklagte van poging tot moord.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Feite ·

In SA is mense se tolleransievermoe seker maklik op sy laagste vlak ooit! Alles in SA beweeg met n spoed na laervlakke, behalwe natuurlik rugby en die universiteite wat ongekende hoogtes haal!

Die sagmoedige skaap ·

Die land is soos n Wilde Weste rolprent . …….maar met regte koeels en bloed.
Wat n onnodige dood….oor n 2de handse kar ?

Lollie ·

Wreed verby! Sulke mense moet die doodstraf kry! Al die moordenaars moet aan die pen ry. Hoe kan jy ń persoon wegvat van sy familie en gesin net omdat jy kwaad is? Niks kan dit regverdig nie!

Barkies ·

Ek se nie dis die geval hier nie, maar daar is baaaaaaie gebruikte motorhandelaars daar buite wat glad nie hulle beloofde naverkope diens lewer nie, die bank se kastige kanselasie beleid le eintlik in die hande van die handelaar, en die ombudsman is n tydsame proses en beteken vir jou niks, mense raak verstreurd en voel hulpeloos….dis eintlik snaaks die soort van ding gebeur nie meer gereeld nie

Johan ·

Ek is ook n handelaar m.a.w as die dealer geld maak kan jy hom skiet . Jy is siek man

George in Bloem ·

Innige simpatie aan die naasbestaandes. Sal my glad nie verbaas as die skieter ‘n polisie of weermag huidiglik of ex is nie. ‘n Sekere groep van hierdie lede dink mos hulle is bo die wet verhewe en dink hulle kan met net mooi alles wegkom. Ek hoop die gemors kry wat hom toekom en vrot in die tronk.

Tante ·

Ek was baie jare n inwoner van Klerksdorp. Ek het van heel party 2de handse en nuwe motorhandelaars gehoor wat mense ingedoen het daar maar nooit van daardie Farouk familie handelaar nie.

Niklaas ·

Dis darem drasties om net te skiet as jy voel die handelaar kul / verneuk jou nou. Nou wag tronkstraf . En een ander familie is in rou. Totaal onnodig

Dafer ·

Ek moet darem ook net se, party van hierdie motor handelaars kom seker maar ook met moord weg, by wyse van spreke.

Koffiekapitaal ·

Wat vir n wereld is dit die? Van smorrens tot laat loop die afkop van Skimmelperdpan.
Staak dit man!

SjN ·

Kom ons wag vir die rede wat in die hof sal uitkom voordat daar geoordeel word. Die man moes baie kwaad gewees het om tot dié stap te gaan. Sterkte aan Farouk gesin.

Maljan ·

Kom redes ooit in die hof uit? Hoe loop iemand met so n kort humeur met n vuurwapen rond? Is hulle te lafhartig om vuis te slaan?

Wielspore ·

Geen persoon het die reg om ‘n ander persoon se lewe te neem en dit nogal vir oor ‘n sake transaksie. Die beskuldigde gaan lank sit, sterkte aan die familie wat ‘n kind verloor het.

Lella ·

Dit is so sinneloos. Soos al die moorde in ons land. Die oorlede was regtig ‘n baie goeie, saggeaarde man. Ek wens regtig die doodstraf kom terug.

AB ·

Hulle het seker ‘n stuk ‘scrap’ aan hom verkoop as ‘spotless’.

Annelize ·

AB, dis nie sommer net jou gewone hier-jy motorhandelaar op die hoek daardie nie. Jy voel jy wil amper jou “Sunday best” gaan aantrek voor jy daar inloop. Ons praat van Ferrari, Porsche, Maserati wat op daardie plek se vloer staan.

emily ·

Te veel mense in die land dink Geweld los alles op.
Ek hoop daai ou sit lank.

Heksie ·

Farouk en sy familie bedryf daai besigheid al vir so lank as wat ek kan onthou … “Speedy Car Sales” en nou dit!? Sterkte aan die familie

Melanie ·

Ek ken nie die Dagor familie nie, ek ken nie die situasie nie, maar my hart breek vir die ouers en vriende en familie wat n kind en vriend verloor het.. Mag ons Hemelse Vader jul in Sy hande vashou en beskerm teen enige valsheid . Om n kind te verloor is die seerste seer, dis onbeskryflik… Ek dink aan jul en bid jul deur die moeilike tyd.

Willie ·

Ek kan miskien gekruisig word- maar het nog nooit iemand in die motor bedryf, verkoop, herverkoop, diens, repereer, noem dit ontmoet nie….
Mens is moeg om mislei en berieg te word, met geen hulp..daar is kwansuis n gebruikers wet..bla bla bla….

Treurgrond ·

Dis asof mens net wil se wat gaan aan met hierdie wereld. Nog ‘n tragedie. En die tronke is juis oorvol. My innige simpatie. Wanneer kom die doodstraf terug – hoeveel mense moet nog uitgemoor word.

Blommie ·

Dis regtg jammer dat iemand in geweld oorgaan.
Maar ek wil net eending se, die hof maak dit so moeilik vir jan alle man om n saak op n eerlike manier te wen. Gewoonlik is dit die mense met geld wat n saak wen al is hulle skelm.
Ja moord is glad nie reg nie. Ek se ook nie die mense is skelm nie. Al wat ek se is die HOF moet dit meer toeganklik maak vir die gewone mens om sy saak te kan stel.
Ek was ook in n storie met mense wat skelm is, wat die regte mense op die regte plekke ken en wat geld het. wat met HOOR se, sonder BEWYSE hulle saak gemaak en gewen het en al wat die HOF vir my se is BEWYS dat hulle verklaring oneties is en HOE doen mens dit, veral as daar prokureurs betrokke is. Glo my as ek vandag se sulke goed maak mens WOEDEND kwaad en magteloos… Partykeer deur onnodige besluite wil mens net he IEMAND moet aan die pen ry en paal staan vir hulle foute. Maar met die regte mense in jou kant, kan jy weg kom met moord en dis wat my kwaad maak van ons regstelsel.
Jammer vir die verlies van lewe en riv

Anni ·

Dis baie hartseer. Ek voel ook baie warm om die kraag as n sekere motor verkoopsman se naam in my geselskap genoem word. Gelukkig draai die wiel, en sal hy sy dag kry. Wraak kom ons nie toe!!

Michael P ·

Genade vandag skiet jy sommar as jy nie happy is met iets nie.Ek dink die bokke het die wereld beker gewen want die res van die wereld het seker gese manne moet nie daardie ouens wen nie dit is Suid Afrikaaners hulle sal ons skiet.LOL

ore ·

Diegene wat die Farouk en sy gesin aanval,doen asb moeite en gaan besoek sy vertoonlokaal.Kyk dan ook na sy kas vol trofees wat hy oor jare van finansieringshuise ontvang het.Banke se kriteria aan handelaars is hoog en indien daar enigsins twyfel betsaan word so ‘n handelaar afgekeur.Farouk is welbekend aan my.Hy is met respek ‘n uitstekende sakeman en ek wil die wat glo hy is “skelm”uitdaag om julle eie stellings te toets.Indien julle verder wil delf,kyk bietjie na klante wat oneerlik en skelm is.Julle sal verbaas wees.Sterke aan Farouk en sy gesin

Annelize ·

Mens weet nou nie wat presies hier gebeur het nie, maar ja, ek was ook al verby beroerte woedend vir ‘n motorhandelaar wat ons bitter lelik ingeloop het. Ek het soos ‘n besetene tekere gegaan, ek was agterna skaam vir myself, maar om ‘n vuurwapen uit te pluk en net te begin skiet? Aikona. Daar moet lelike fout met jou as persoon wees om tot sulke uiterstes toe oor te gaan.

Attie. ·

Toe Eikebome in Europa skaars raak kon daar nie meer seilbote gebou word nie. Al die seerowers het toe oorgeskakel na die motorbedryf. As ek vir ‘n handelaar vra wat is my pragtig opgepaste kar werd en hy kyk nie na die kar nie maar soek sy prysboekie dan voel ek ook lus en gaan haal my pistool.

Privaat ·

Graag wil ek net se dat die handelaar een van die min is wat hulle voertuie by die agente reg maak. Die mense wat die handelaar as skelm uit maak… die persoon wat sy kar inruil en WAT weet daar is 1, 2, 3 verkeerd op sy voertuig en dit nie noem nie! Aan die handelaar en sy gesin en sy werkers, sterkte.

Andre ·

Ek is net verbaas dat dit nie al lank terug gebeur het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.