ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) het vandag bekendgemaak dat 900 mense teen die eerste kwartaal van 2020 afgelê sal word wanneer Amsa sy staalaanleg in Saldanha in die Wes-Kaap sluit.
Solidariteit het aangekondig dat hy ’n skrywe aan die regering en aan ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) gaan rig nadat hy sy Navorsingsinstituut opdrag gegee het om ’n omvattende studie oor die impak van die sluiting van Amsa se staalaanleg in Saldanha te doen.
“Solidariteit is geskok oor die bekendmaking. Ons is bewus daarvan dat Amsa groot uitdagings in Saldanha ervaar met hoë insetkoste, ’n kwynende uitvoermark en die regering se ekonomiese beleid, maar so ’n drastiese stap wek groot kommer,” sê Willie Venter, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris vir die Metaal- en Ingenieurswesebedryf.
Amsa het reeds in Julie in ʼn handelsverklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, aangekondig dat die maatskappy noodgedwonge sowat ʼn vyfde van sy werksmag moet aflê.
Amsa se Saldanha-aanleg kan weens duurder grondstowwe, gereguleerde pryse soos kragtariewe en ’n afname in aanvraag nie meer volhoubaar aan uitvoermarkte deelneem nie. “Die nasionale regering moet eenvoudig sy ekonomiese beleid meer dringend hersien om die toenemende werksverliese te stop,” sê Venter.
Venter voer verder aan dat die werklike impak op die Saldanha-gemeenskap en die Wes-Kaap enorm gaan wees met nóg duisende inwoners wat negatief geraak gaan word deur die sluiting. Die sluiting kan katastrofiese gevolge vir die plaaslike gemeenskap inhou in die lig daarvan dat Amsa se Saldanha-aanleg die grootste werkgewer in die omgewing is.
Solidariteit is ook bekommerd dat die sluiting van Amsa se Saldanha-aanleg slegs die eerste stap in sy voetspoor-projek (footprint exercise) is en dat daar ook onsekerheid oor die toekoms van die aanleg by Newcastle heers.
Solidariteit het sy lede by Amsa verseker dat hy alles in sy vermoë sal doen om hul belange gedurende die prosesse wat gaan volg, te beskerm.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Ja nee. Enige iets wat die kaders en ANC bedryf en bestuur loop uit op n gemors. Nog meer families wat sonder n inkomste gaan sit. Weereens n bewys hoe onbewoeg is die klomp ANC mense
Hier kom weer ‘n staking, dan is die res van
AM ook somer daarmee heen!!!
Sonder wins kan geen besigheid sake doen nie.
Die ANC kan so trots wees!! BEE en so veroorsaak die. Wie wil nou bele en werkers he wat staak en BEE BEE bestuurders wat vir ANC werk. Julle wiel draai nou!!!!
Hoekom is Solidariteit geskok? Hierdie is maar net die produk van die “demokrasie” wat ons dan so graag wou gehad het.
Die pap is op die grond nou probeer hulle dit van die grond af optel.Ekis bevrees dit is te laat. Kyk wat veroorsaak stakkings vir meer geld, doen niks maar wil betaal word . Die minimum loon boemerang ook nou lelik in hul gesigte.