Teen 2027 moet alle plastieksakkies in Suid-Afrika 100% herwinbaar wees, aldus die konsepregulasies.
Lees meerAlles vir Maandag 24 Augustus 2020
Hospitaal sê Navalny is vergiftig
Dokters by die Charité-hospitaal in Berlyn het gesê kliniese bevindings dui daarop dat die Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, vergiftig is.
Kapsie teen mynaktiwiteit aan die Oos-Kaapse kusgebied
Die burgerregteorganisasie AfriForum het kommentaar ingedien op die beoogde eksplorasie-aansoek in ’n streek van die kusgebied tussen St. Francisbaai en Mosselbaai.
Sewe meswonde toe rowers hom aanval
“Ek het gedink dit is die einde en ek gaan nooit weer my familie sien nie. Dit was verskriklik.”
Vier sterf in Limpopo-ongeluk
“Dit is nooit lekker om op só toneel af te kom nie – veral nie as daar ʼn klein kindjie oorlede is nie.”
Sadou vra dat matriekeksamen uitgestel word
Kommer bestaan in onderwyskringe dat hierdie die eerste stap is om vanjaar se matriekeksamen in ‘n onhaalbare wentelbaan te plaas.
Verhoor oor regulasies nou virtueel weens ‘vrees vir Covid-19’
Dlamini-Zuma se regspan beweer die nodige gesondheidsprotokolle was nie tydens hul vorige hofverskyning in plek nie.
ToekomsVenster: Gee Hom ’n kans
Klou jy nog verbete vas omdat jy twyfel dat God goeie bedoelings met jou het? Gee Hom ʼn kans. Hy sal jou nie teleurstel nie.
Kalahari-tragedie: Troosdiens vir gesin beplan
Die oorlewendes is weer tuis in Ceres.
Die wêreld in foto’s – 24 Augustus 2020
Te midde van die Covid-19-pandemie het die bergdorp Dereli aan Turkye se Swartsee-kus Saterdag en Sondag weggespoel ná swaar reënval in die omgewing.
Covid-19: ‘Ergste is verby’ – Mkhize
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het intussen gesê indien gesondheidswerkers in Suid-Afrika sterf weens tenderkorrupsie in die regering, sal dit gelykstaande aan moord wees.
Durbanse moskee in ligte laaie
Enkele pasiënte is op die toneel vir rookinaseming behandel.
Gevaarlike misdadigers ontsnap uit O-Kaap-tronk
Die ontsnaptes word aangekla van verskeie ernstige misdade, onder meer roof, moord en verkragting.
Twee groot storms op pad na VSA
Louisiana kan moontlik die eerste deelstaat in die geskiedenis word om binne 48 uur deur twee orkane getref te word.
Boek: Die onderonsie
In “Die onderonsie” moet twee hase vinnig besluit of hul gestryery meer as hul lewens werd is wanneer ʼn honger jakkals sy opwagting maak. Dit is geskik vir kinders tussen drie en agt jaar.
Vyf motorfietsryers sterf ná fondsinsameling
Motorfietsryers van verskillende motorfietsklubs aan die Weskus het Sondagoggend in Vredenburg byeengekom om geld vir ʼn diereskuiling in te samel.
DStv kry nuwe Afrikaanse fliekkanaal
“Ons wil vir ons Afrikaanse kykers, van wie daar baie is, plaaslike stories en flieks in hul taal bied.”
‘Die Impak’: ’n kykie na Covid-19-pandemie deur ’n Christelike lens
Die mees onlangse aktualiteitsreeks, “Die Impak”, bied stories vanuit die staat van inperking, vertellings van hoop en die invloed van Covid-19 op Suid-Afrika. Die reeks plaas lig op dié donker onderwerp en toon aan hoe Covid-19 die breë Suid-Afrikaanse samelewing beïnvloed.
Nuuskommentaar: ANC speel weereens slagoffer
Dit is eintlik lagwekkend om te verstaan watter minderwaardigheidskompleks die ANC moet hê om 26 jaar later steeds soos uitgelewerde slagoffers op te tree. Hierdie minderwaardigheidskompleks is tweeledig.
Lesersbrief: Rugby-ondersteuners moet hul misnoeë wys
Wat gaan gebeur as die minister spelers wat nie voor die kultus wil kniel nie, verbied om in die toetse te speel?