Die wêreld in foto’s – 24 Augustus 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het die bergdorp Dereli aan Turkye se Swartsee-kus Saterdag en Sondag weggespoel ná swaar reënval in die omgewing.

Volgens Süleyman Soylu, Turkye se minister van binnelandse sake, het sewe mense gesterf en 11 mense word steeds vermis in die Giresun-provinsie.

ʼn Motor sit in die modder vas na swaar reënval oorstromings in die gebied veroorsaak het. (Foto: AP)

Mense kyk na die skade wat die vloedwater in Dereli in die Giresun-provinsie van Turkye aangerig het. (Foto: AP)

Geboue het inmekaargestort weens oorstromings in die gebied. (Foto: AP)

Nóg ʼn motor wat in die modder vassit. (Foto: AP)

Mense dra ʼn slagoffer na veiligheid na oorstromings in en om Dereli in Turkye. (Foto: AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.