Verhoor oor regulasies nou virtueel weens ‘vrees vir Covid-19’

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die verhoor in die saak tussen die Liberty Fighters Network (LFN) en die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, sal nou Woensdag virtueel plaasvind. Dit volg ná Dlamini-Zuma se regspan versoek het dat dit virtueel moet plaasvind weens hul vrees vir die verspreiding van Covid-19.

Maroela Media het vroeër berig Dlamini-Zuma het die appèlhof in Julie toestemming gevra om te appelleer teen regter Davis se hooggeregshofuitspraak, waarin ses van die regering se afsonderingsregulasies irrasioneel verklaar is. Die Liberty Fighters Network (LFN) en sy president en stigter, Reyno de Beer, het Dlamini-Zuma hof toe gesleep oor die regulasies.

In ʼn brief wat vroeër aan die hof gerig is, het Dlamini-Zuma se regspan, onder leiding van adv. Wim Trengove, beweer dit hou ‘n risiko vir die regspan in indien die saak in die hof aangehoor word, veral vir diegene wat veral kwesbaar is vir komplikasies van Covid-19.

Luidens ʼn verklaring van die LFN, erken die groep die reg van Dlamini-Zuma se regspan om versigtig te wees vir Covid-19. “Adv. Trengove het egter tydens die verhoor in Junie niks gedoen om die beweerde tekortkominge van gesondheidsprotokolle te verlig nie. Hy het in die hof erken hy voel veilig voordat hy sy argument gelewer het,” sê die LFN-groep.

“Dit is natuurlik ‘n baie ernstige saak indien bevind word dat beamptes van die hof hul feite verkeerd weergegee het. LFN oorweeg dit om, indien en wanneer toepaslik, die punt voor ‘n ander forum te lig.”

Die LFN is van mening dat Dlamini-Zuma se afsonderingsregulasies omtrent geen effek het om die verspreiding van die virus te bekamp nie. Maroela Media het vroeër berig De Beer, LFN se president en stigter, Reyno de Beer, sê die regering skuil agter die “cliché” van die beskerming van lewens. Die LFN voer aan dat lewens en Suid-Afrikaners se manier om ʼn bestaan te maak, juis verlore gaan weens die afsonderingsregulasies.

Volgens De Beer gaan die regering bloot voort om ongrondwetlike afsonderingsregulasies in te stel. Daar word in die hofstukke verwys na die verpligte dra van maskers, die herinstel van die verbod op alkohol, en die voortgesette verbod op tabakprodukte, wat intussen opgeskort is.

Die verhoor sal Woensdag om 10:00 virtueel op YouTube en Facebook uitgesaai word. Minstens 110 restaurante en kroeë landswyd wat deur die LFN verteenwoordig word, gaan ook die hofsaak regstreeks uitsaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Elsie ·

Hoekom nou virtueel. Die vorige kere kon hulle in die hof verskyn het. Kry sy nou skaam oor haar sinnelose besluite wat sy gemaak het?

Persheks Adri ·

Sy kry beslis nie skaam nie sy weet nie eers wat dit beteken nie! Ek vra ook daai vraag Elsie

Marisa W ·

Sodat haar regshulp haar kan voorsê sonder dat die regter sien.

Jaco ·

Dit is absoluut verbasend dat dié vrou se regsverteenwoordiger ‘n WIT man is. Sy ras en “gender” pla my nie, maar ek wonder wat dink dr Dlamini-Zuma se eie ANC daarvan. Wat dan nou van:
1. Regstellende aksie
2. BEE
3. Gender equality
4. Transformasie van die regstelsel
5. Uithaal van wit mense uit die ekonomie omdat hulle beheer nog steeds te groot is
ALLES in dié lys goed is goed wat GEREELD uit ANC ministers se monde kom. So ja, die feit dat ‘n senior ANC-minister ‘n wit regsverteenwoordiger het, terwyl haar eie ANC sterk anti-wit is, is regtig vreemd.

Kerneels ·

Dit lyk al te veel of sy nie vertroue het in ‘n swart regsverteenwoordiger om haar bas te red nie.

Persheks Adri ·

Waar is jou masker huh kopdoek? Jou besluite is totaal en al onvanpas en dubbel sinnig en verwarrend oe ee ee! Mag jy pak slae kry en summier toe gesluit word vir jou aandeel in die korrupsie jy maak naar verby om die minste te sê. Maak lekker geld op swart mark en word steeds nie vervolg nie!

#Tsek kopdoek tsek!

Scalla ·

Rondomlelik gaan nog erger lyk met n masker op Heksie, haar kleinkindres gaan gaan bang raak.

johan ·

Die ANC moet maar vir haar Andre Swartz se song speel “EK WIL JOU NOOIT WEER SIEN”

Marisa W ·

Dis sodat iemand haar kan voorsé soder dat die regter sien

Niklaas ·

Mens voel skoon naar as hierdie berigte met haar kopdoek foto verskyn en gelees word. Dis redelik moeilik om haar te vertrou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.