Sadou vra dat matriekeksamen uitgestel word

Argieffoto

Die grootste onderwysvakbond in die land, die Cosatu-geaffilieerde Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) het gevra dat die aanvang van die matriekeksamen uitgestel word met ‘n verdere drie weke tot 26 November.

Die nasionale departement van basiese onderwys het twee weke gelede aangekondig dat die matriek-eindeksamen van 5 November tot 15 Desember sal plaasvind, om geleentheid te bied vir skole om in te haal op die tyd wat verloor is weens die Covid-19-pandemie en die afsonderingsperiode.

Maar nou het die Sadou-leierskap besluit dit is nie genoeg tyd nie, veral omdat skole in die armste gebiede nie kans gehad het om tyd in te haal nie. Sadou se argument is dat die gaping tussen welvarende en arm skole verder vergroot het.

Navorsing toon dat die meerderheid van Suid-Afrikaanse skole, veral dié met sterk akademiese rekords, baie goed bygebly het tydens die afsonderingsperiode, en dat leerders netjiese onderrig tuis ontvang het.

Wat Sadou nie sê nie, maar wat uit navorsing blyk en uit vakbondgeledere aan Maroela Media bevestig is, is dat tussen 40% en 50% van die land se skole eintlik niks gedoen het tydens die grendelstaat nie, en die oorweldigende meerderheid van hierdie skole se onderwysers behoort aan Sadou.

Kommer bestaan in onderwyskringe dat hierdie die eerste stap is om vanjaar se matriekeksamen in ‘n onhaalbare wentelbaan te plaas. Daar word uitgewys dat dit sowat nege weke neem om die hele matriek-proses van die skryf van die eksamen tot die nasien, standaardisering en bekend maak van punte te akkommodeer.

Dit bring ernstige vrae aan die bod oor hoe die proses afgehandel kan word voor universiteite se akademiese jaar begin, en ook hoe matrikulante hul eksamen weerskante van die drie week lange Kersfees-onderbreking gaan kan aflê.

Daar is ‘n sterk aandrang vanuit die geledere van vakbonde wat nie by Cosatu geaffilieer is nie, en spesifiek by vakbonde uit die Fedusa-groep, dat vanjaar se matriekeksamen op geen manier afgegradeer word hetsy wat moeilikheidsgraad of kurrikulum betref nie, want dit sal die geloofwaardigheid van die Suid-Afrikaanse senior sertifikaat so ondermyn dat dit dalk nooit herstel sal kan word nie.

‘n Verdere bron van kommer in onderwysgeledere is hoe leerders van graad 1 tot 11 se progressie hanteer gaan word. In hul geval is nog minder werk as met die matrikulante afgehandel, en die skoolstelsel het nie genoeg plek dat almal teruggehou kan word nie.

Daar is dus ‘n moontlikheid – en dit is net ‘n moontlikheid – dat die jonger grade almal vanjaar outomaties na die volgende skooljaar oorgeplaas sal word, met grootskaalse remediëring wat aanstaande jaar sal moet plaasvind.

Twee verdere probleme met die matriekeksamen het ook kop uitgesteek. Eerstens is daar die probleem van sosiale distansiëring en dat nie meer as 50 mense in ‘n lokaal byeen mag kom nie.

Dit is veral moeilik vir skole wat nie ‘n saal het nie, soos die 330 matrikulante van die Boitekong Secondary School in Rustenburg, waar die hoof en die beheerliggaam se voorsitter hierdie week aan die Sunday Times gesê het as hulle by koronavirus-protokolle hou sal 19 van die skool se 36 klaskamers net vir matrikulante se eksamen gebruik kan word.

Dit maak toesig baie moeilik en boonop moet die res van die skool se leerders ook geakkommodeer word.

Die tweede probleem is dat die staat onderwysers wat ouer as 60 jaar is en onderwysers met onderliggende siektes afraai om as nasieners op te tree. Dit het ‘n invloed op die beskikbaarheid van gesoute, ervare nasieners.

Dit is nie net in Suid-Afrika waar die afsonderingsperiode omstredenheid in die ekwivalent van die skoolverlaterseksamen veroorsaak nie. In Skotland is die jaarpunt tot eindpunt gemaak (baie gevaarlik in Suid-Afrika, waar jaarpunte dikwels glad nie in die eindeksamen geëwenaar word nie, en in Engeland het die voorgestelde plan om die jaarpunt met ‘n algoritme vir die spesifieke skool te kombineer vir ‘n eindpunt waar eksamens nie afgelê is nie, soveel omstredenheid by ouers en leerders veroorsaak dat dit heeltemal hersien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Toktokkie ·

Hierdie is dalk die spyker in staat skole se doodskis. Kinders het hulle gatte af gewerk om by te bly en die jaar te red. Mens laat nie almal in die drein afgly omdat ‘n paar dit nie kon maak nie. En wat van privaatskole? Gaan hulle weer voorkeur kry om eksamen te skryf soos toe hulle kinders skool toe mag gegaan het en staat skole se kinders nog ‘n maand by die huis moes bly. As die departement weer vir unies gaan luister en ons kinders benadeel sal ons geen ander keuse hê as om privaat onderrig te soek nie. Dit sal katastrofies wees vir die onderwys departement. Hoop hulle besef dit.

Agge nee ·

SADOU sal nooit tevrede wees nie. Hierdie nonsens moet nou stop. Dit gaan nie oor arm skole of ryk skole nie dit gaan oor die onderwysers se werksvermoë of eerder die WIL om te werk. Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Ons matrieks is nou al 14 weke aan die gang. Ons het verlengde skoolure tot 5 uur gehad en ons is op skedule, tot so ‘n mate dat ons volgende week na ons normale rooster en tye gaan terugkeer. O ja, ons is ‘n gemiddelde township skool.

Willem ·

Sadou soek uitstel maar sadou se onderwysers het nie hul eerl gedoen nie.

Objektief ·

Ek het al met die vorige sluiting van dieskole voorspel dat SADOU gaan verdere verskonings soek om nie te werk nie. Hulle wil dood eenvoudig nie werk nie

Anel ·

Dood het ook ‘n oorsaak! Dit is nou so maklik om corona die skuld vir alles te gee. Hoeveel mense word gewoonlik siek in die somer? Nou moet die kinders wst hulle allies afgewerk het vir 11 jaar en deur die inperking saam met hul onderwysers hard gewerk het gestraf word vir paar wat te lui was? Ek dink nie so nie. As hulke nie wil werk nie, dank af en gee werk vir die wst wil werk. En SADOU en alle ander unies wat die uitstel vra, julle is selfsugtig en gaan spring in die see!!!

Persheks Adri ·

Dis seker ons skuld dat daar arm skole ook is eish! My kind is in ‘n privaat skool en ons werk flippen hard!

Kompas ·

As die regering al die geld wat deur korrupsie verlore gegaan het, gebruik het om skole te bou, sou almal gelyke kanse gehad het op onderwys.

Mickey ·

los die kinders nou uit, gee hulle di kans om klaar te maak met skool. Hou politiek uit ons skole.

johan ·

Dai SADOU is julle eie probleem, want toe hulle die groen lig gegee het vir skole om weer te begin toe spring,dans en gil julle voor die skool hekke met borde om julle nekke, kon dai tyd gebruik het om skool werk op te vang

Hendrik ·

Onderwyser vriende vertel ons dat die groeie openbare skole al reeds klaar of voor is in hulle sillabusse. Matrieks is baie goed voorberei in hierdie skole. Probleem is die ander skole wat heeltemal disfunksioneel is en hierdie kinders is regtig benadeel. Die regering ondersteun hierdie meestal swart skole glad nie en die fasuliteite is skokkend. Kinders kan nie deelneem aan Wolkskole of Teams onderrig nie want die huishoudings is eenvoudig te armoedig vir enige iets. Weereens die regering se onverantwoordelike bestuur van die land. SADOU is ‘n kantlyn probleem.

Leonard ·

Dis goed en wel, maar solank jy binne staatsonderwys funksioneer, is jy uitgelewer aan die laagste gemene deler wat jou onderwys bepaal.

Marius ·

SADOU se onnies het hoe lank betaalde vakansie gehou terwyl ander onnies nogsteeds hulle werk gedoen het en n weg gevind het om die werk te doen . Wil SADOU dan nou he dat kinders twee tot drie vraestele op een dag skryf ? Siek . Vrae maar net .

Leonard ·

Die gebrek aan ‘n werklike onafhanklike kurrikulum en stel skoolverlatingseksamens wat nie staatsafhanklik en nie staatsvoorgeskryf is nie, word ‘n kritieke probleem. Ons lewer ons kinders gewillig uit aan ‘n situasie waar die laagste gemene deler die onderwys bepaal. Daar is oplossings (en nee, mens hoef nie skielik te tuisskool nie), maar dit verg vryheidsdenke dat onderwys buite staatsvoorskrifte geformuleer en aangebied moet word.

Gerhard ·

Ai tog…..Wat Sadou nie sê nie, maar wat uit navorsing blyk en uit vakbondgeledere aan Maroela Media bevestig is, is dat tussen 40% en 50% van die land se skole eintlik niks gedoen het tydens die grendelstaat nie, en die oorweldigende meerderheid van hierdie skole se onderwysers behoort aan Sadou…………As die onderwysers gewerk het tydens “lockdown” was dit nie probleem nie….hulle kon planne gemaak het….MAAR is moes lekker om by die huis te sit en betaal te word…..ander skole se onderwysers het gewerk, EN baie van hulle word deur BL betaal……Ai tog…maar as daar gekla word dan kla die vakbond en sy lede…

Moedeloos ·

Kry die matriekleerders bitter jammer. Sterkte en voorspoed vir julle.

4ntj13 ·

SADOU moet ophou om mense uit te buit. Hulle moet liewer nie toegelaat word om ʼn opinie te hê tensy hulle goeie antwoorde kan gee op die belangrikste vrae nie:
1. Wanneer is álmal seker Covid gaan verby wees?
2. Intussen, hoeveel meer matrieks kan hul onderwysers gelyktydig hanteer?
3. Is hul lede klaar tevrede om geen Desember/Januarie vakansie te neem nie.
4. Hoe gaan hulle 2021 se matrieks benader wat moontlik 12 uit 12 maande Covid gaan beleef, as hulle met 2020 se 9 uit 12 maande reeds só tekere gaan?

Alicia ·

Volgens vorige nuus berigte het dit getoon dat slegs 20% van privaatskole se ouers skoolgeld betaal het!! Tóg het hierdie skole oop gebly en aanhou skoolgee??!! Wat is SADOU se storie??? Terwyl die res van SA afdankings en salaris ‘cuts’ moes face is staatskool onderwysers steeds betaal! Om by die huis te sit!! So wat presies wil julle hê SADOU?????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.