Alle plastieksakkies moet teen 2027 herwinbaar wees

Argieffoto (Foto: cocoparisienne/Pixabay)

Barbara Creecy, die minister van omgewingsake, bosbou en visserye, het Maandag gesê die departement is besig om ʼn wet te wysig wat sal vereis dat alle plastieksakkies vanaf 2027 van 100% herwinbare materiaal gemaak moet wees.

“Plastiekrommel raak ʼn al hoe groter uitdaging by vullisstortingsterreine en word een van die grootste rommelprobleme wat die omgewing beskadig,” het Creecy in ʼn verklaring gesê. “Plastiekrommel kom algemeen voor in onwettige stortings, vullingsterreine en riviere, en beland uiteindelik in oseane en rig skade aan mariene lewe.”

Creecy het op 7 Augustus haar voornemens, om regulasies oor plastieksakkies in die Wet op Omgewingsbewaring te wysig, in die Staatskoerant gepubliseer. Die wysigings stel voor dat daar ʼn fokus moet wees op herwinbare materiaal. Een van die wysigings verbied die vervaardiging, verkope en verspreiding van plaaslik vervaardigde en ingevoerde plastieksakkies wat nie aan die spesifikasies vir gebruik binne landsgrense voldoen nie.

Volgens die wysigings moet plastieksakkies teen 1 Januarie 2023 van minimum 50% herwinbare materiaal gemaak wees, teen 2025 moet dit 75% wees en teen 2027 moet die plastieksakkies 100% herwinbaar wees.

Enige persoon wat dié reëls oortree, kan ʼn maksimum boete van R5 miljoen of vyf jaar tronkstraf opgelê word. Met ʼn tweede skuldigbevinding kan die persoon tot 10 jaar tronkstraf gevonnis of met R10 miljoen beboet word.

Die minister het intussen die publiek versoek om kommentaar te lewer oor die wysigings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

DieKriek ·

Wie maak nou weer geld? Net soos ons sakkies moes koop wat voorheen gratis was (en heel). Die gekoopte sakkies sou dikker en sterker wees as die gratis sakkies. Maar nee, hulle is dunner en vol gate onder en ons betaal maar. Herwinbare sakkies? Pfffttt!

Deon ·

Plastiek is n noodaaaklike euwel maar dit is goed as ons van dit ontslae kan raak. Die plan is nog nie eers ge implimenteer nie maar daar is al reeds strawwe vir oortreders.

MAGRIETHA ·

7 jaar hoeveel meer skade is dan al aangerig goeie nuus ma te laat

Jan ·

Hierdie dinge is belangrik, maar geld en tyd kan nie nou daarop vermors word nie. Korrupsie is die grootste krisis in SA. Dit sal nooit verdwyn nie, maar al word dit met 10% verminder kan die land se geldkoffers reeds met miljarde rande aangevul word.

Adam Adriaan ·

Daar gaan nog baie verrassings wees voor 2027 wat al hierdie plastiekskakkie sage in die duister sal laat.

christo ·

Daar het niks van gekom met die terugkoop van plastieksakke nie. Die fooi op plastieksakke gaan netso in die staatskas om vermors te word. Daar is heelwat Afrikalande wat alreeds nie meer plastieksakke toelaat nie, onder andere Tanzanië en Kenia.

Marisa W ·

hoekom dan nie liewer maar papiersakke nie – iemand het seker weer geld nodig

TC ·

Nou verduidelik vir my hoekom betaal ons dan soveel geld vir plastiek sakkies by die ketting winkels soveel as 50c as dit nie herwinbaar is nie. Was dit nie die ooreenkoms dat ons duurder vir dikker sakke betaal nie?????? En dat hulle herwinbaar gaan wees??? Iemand het weer geld gemaak uit onkunde….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.