‘Die Impak’: ’n kykie na Covid-19-pandemie deur ’n Christelike lens

‘n Skermgreep uit die lokprent van GLO-MediaTV se reeks “Die Impak”. (Foto: GLO-MediaTV.)

In ʼn tegnologies gedrewe wêreld en in die tye waarin ons ons nou bevind, is aanlyn bediening ʼn móét. GLO-MediaTV bied Skrifgetroue, vermaaklike en opvoedkundige video-inhoud met vars en interessante temas wat gesond is vir jou siel, beskikbaar op jou rekenaar, selfoon of ander slimtoestelle.

GLO-MediaTV is ʼn aanlyn gemeenskap vir Afrikaanse gelowiges. Hier groei ons saam in geloof, leer by mekaar en inspireer op ’n wyse wat ons geloof opbou en uitbou. Gevestig op ʼn verantwoordelike geloofsraamwerk, bied GLO-MediaTV Christelike kykstof wat jy kan vertrou.

Vir slegs R49 per maand bied drie toestelle toegang tot alle videomateriaal. Anders as ander bekende videoplatforms, bied GLO-MediaTV inhoud met een doel voor oë: om mense emosioneel en geestelik op te bou. Dit is leersaam, heilsaam en vermaaklik.

GLO-MediaTV bied ʼn breë spektrum van programme: gratis dagboodskappe, aktuele besprekingsreekse, Bybelstudiereekse, Bybelse intellektuele toepassingsgesprekke, eredienste, kerkmusiek, lidmaatbemagtiging en nuus.

Met GLO-MediaTV hoef jy ook nie bekommerd te wees dat dit wat jou kind kyk moontlik verkeerde fondamente lê nie. Verskeie kinderprogramme en aktuele tienerreekse sorg dat die jeug Skrifgetroue inligting sien.

Die mees onlangse aktualiteitsreeks, Die Impak, bied stories vanuit die staat van inperking, vertellings van hoop en die invloed van Covid-19 op Suid-Afrika. Die reeks plaas lig op dié donker onderwerp en toon aan hoe Covid-19 die breë Suid-Afrikaanse samelewing beïnvloed.

Die span voer onderhoude met kenners soos die ekonoom Dawie Roodt en dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Hulle klop ook aan by kunstenaars oor die hele Suid-Afrika, gesinne, kerke, ondernemings en vele meer. Die onderskeie episodes handel oor die invloed van Covid-19 op kleinsake-ondernemings, gesinne, haweloses, die kunste, onderwysers, medici, kinderhuise, diereklinieke en gemeentes. Hulle hoor stories van talle Suid-Afrikaners wat deur die pandemie beïnvloed is en ontvang praktiese raad van kenners.

Kyk hier om meer oor hierdie interessante, praktiese en aktuele reeks te sien.

Om deel te word van die GLO-MediaTV-gemeenskap, teken aan om toegang tot alle programme te hê. Enige tyd, enige plek beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.