Was dit nog altyd jou droom om jou eie kinderverhaal te publiseer? Wil jy die lewens van laerskoolkinders verryk met ’n storie wat hulle nog lank gaan bybly? Dan is daar goeie nuus vir jou!
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "kinderboek"
Mej. SA skryf kinderboek oor boeliery
Die boek word in ses tale, insluitend Afrikaans en Zoeloe, gepubliseer.
Meghan se kinderboek haal nie koninklike boekwinkel
Slegs 3 212 eksemplare van die boek is in Brittanje verkoop sedert sy eerste week van publikasie op 8 Junie.
Boek: ‘Diereverkenners – Tobie die diepseeduiker’
Aandag, alle avonturiers! Die Diereverkenners-reeks is terug met nog ʼn verhaal wat jong lesers aanmoedig om hul drome na te jaag. Dit is geskik vir kinders van drie jaar en ouer.
Nuwe kinderboek vir ‘Harry Potter’-skrywer
Haar jongste boek sal gelyktydig in 20 lande en in verskeie tale uitgereik word op 12 Oktober.
Boek: ‘My heel eerste plakkerboek: Lama’
In dié reeks leer kinders tussen nul en ses jaar om die primêre kleure te herken en hulle ontwikkel fyn motoriese vaardighede.
Storietyd: ‘Jakkals nooi ooievaar vir ete’
“Toe dit opskeptyd word, maak Jakkals ’n nare plan. Hy haal sy platste borde uit die kas en skep die sop daarin.”
Storietyd: ‘Tarzan, heerser van die ape’
“Ek gaan hom grootmaak asof hy my seun is!” het sy vir Kerchak, die yslike leier van die trop, gesê toe hy die kleintjie uit haar arms wou pluk. Sy het gesien hoe die outjie vir haar glimlag en gefluister: “Ek gaan jou Tarzan noem.”
Storietyd: ‘Die leeu en die muis’
Die muisie het hom lam geskrik en soos ’n riet gebewe en met sy fyn stemmetjie gefluister: “Koning Leeu, vergewe my asseblief. Spaar my tog; ek het my lewe lief.”
Boek: Is bye werklik in gevaar en wat kan ons doen om hulle te beskerm?
‘Die boek van bye’ is ’n treffende, veelvlakkige en humoristiese boek oor een van die natuur se grootste geskenke: die by.
Boek: Mooiste fabels en avontuurverhale vir storietyd
Die ‘Goue lint’-storiereeks bevat ure se leesgenot vir die hele gesin. In ‘Die mooiste avontuurverhale’ en ‘Die mooiste fabels deur La Fontaine’ kan jy stories soos ‘Die drie musketiers’, ‘Tarzan’ en ‘Die leeu en die muis’ lees.
Boek: ‘Loer binne’ – Die see, plaas
Dié kartonboeke met tien lig-en-loer-flappies gee aan kinders (nul tot ses jaar) ʼn geleentheid om meer oor die see en plaas uit te vind.
Boek: ‘Lotta se lewe 11: Slange en hansworse’
In ‘Lotta se lewe 11: Slange en hansworse’ moet Lotta se klas ’n verskeidenheidskonsert hou. Sal Lotta se hansworsstreke goed genoeg wees sodat sy nie haar naam met ʼn plank slaan nie?
Boek: ‘Dog Man’ nou in Afrikaans
Dav Pilkey, skepper van die kinderboekreeks “Captain Underpants”, se “Dog Man”-strokiesprent is nou in Afrikaans beskikbaar met die titel “Hondman”. Kyk hier na ʼn videovoorlesing deur Beer Adriaanse, bekend vir sy rol as Thomas in die kykNET-reeks “Hotel”.
Boek: ‘Ontdek: Insekte’
‘Ontdek: Insekte’ gee nuuskierige agies ’n kans om meer oor insekte te wete te kom. Die inligting word boonop vergesel van kleurryke foto’s, ’n woordelys en plekke om te besoek.
Boek: ‘Sterre vir die donker’: Oor meisies en grootword-probleme
‘Sterre vir die donker’ deur Noreen Nolte ontmasker allerlei grootword-probleme waarmee meisies worstel – soos groepsdruk, hul eerste liefde en die dood van ʼn geliefde.
Boek: ‘Ster en die skugter vyf’ – Henriëtte Linde-Loubser
In ‘Ster en die skugter vyf’ volg Ster vir erdvark op ontdekkingstogte waar hulle vyf skaam diere leer ken: die erdvark, oewerkonyn, Kaapse luiperd, ietermagog en wit leeu.
Boek: Storiebundel vir jong lesers
‘Storiekaros’ deur Wendy Maartens is die ideale boek vir jou kleinding wat van stories, rympies en speletjies hou.
Boek: 50 vrae oor die menslike liggaam
Kort vrae en antwoorde in dié boek maak dit maklik en vinnig vir kinders tussen se en nege jaar om feite oor die menslike liggaam te leer.
Boek: ‘Liewe Heksie Leesboek 8’
Ontmoet Vian Oelofsen, die illustreerder wat vir pragtige volkleur-illustrasies in die ‘Liewe Heksie’-reeks sorg.