Goue lint-stories: Die mooiste avontuurverhale stel klassieke avontuurverhale, soos “Om die wêreld in 80 dae”, “Robinson Crusoe”, “Lancelot se avonture”, “Gulliver en die Lulliputers”, “White Fang”, “Die drie musketiers”, “Tarzan”, “Tom Sawyer en Huckleberry Finn” en “Sandokan, die tier van Maleisië”, aan kinders bekend.
Goue lint-stories: Die mooiste fabels deur La Fontaine is ʼn wonderlike boek met pragtige illustrasies wat kinders aan die klassieke fabels van Jean de la Fontaine bekendstel. Dit sluit in “Die wesel en die koringskuur”, “Die wolf en die lam”, ‘Die duif en die mier”, “Die bye en die perdebye”, “Die leeu en die muis”, “Die donkie en die hond” en “Die swaeltjie en die voëls”.
Oor die uitgewer
Goue lint-stories: Die mooiste avontuurverhale en Goue lint-stories: Die mooiste fabels deur La Fontaine is deur SRL Moon vir ʼn Italiaanse kinderboekuitgewer byeengebring en deur Kobus Geldenhuys in Afrikaans vertaal. Die Afrikaanse boeke word deur NB-Uitgewers uitgegee.
Ouderdom: Ses tot nege jaar
Prys: R230,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die Goue lint-stories: Die mooiste avontuurverhale en Goue lint-stories: Die mooiste fabels deur La Fontaine by NB-Uitgewers