Boek: ‘Dog Man’ nou in Afrikaans

Dav Pilkey

Daar is ʼn nuwe polisieman op die toneel! George en Harold het ʼn held geskep wat bedrog uitgrawe, sy kloue in kroeke inslaan en diewe omduik. Ben die hond en sy polisiehoof word beseer op diens, maar ʼn operasie verander ook die lewe soos ons dit ken, en Hondman word gebore.

Met die kop van ʼn hond en die lyf van ʼn mens het hierdie heldhaftige hond ʼn neus vir geregtigheid. Maar is sy hondemaniere regtig iets van die verlede?

Hondman is vertaal deur Kobus Geldenhuys.

Kyk hier na ʼn voorsmakie uit Hondman. Dit word deur Beer Adriaanse, bekend vir sy rol as Thomas in die kykNET-komediereeks Hotel, voorgelees. Die voorlesing is goedgunstig deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers, verskaf:

Oor die skrywer

David Murray “Dav” Pilkey Jr. is ʼn Amerikaanse spotprenttekenaar, skrywer en illustreerder van kinderliteratuur. Pilkey is bekend as die skrywer en illustreerder van die kinderboekreeks Captain Underpants en die strokiesprentboekreeks Dog Man. Pilkey en sy vrou woon sedert 2017 in Bainbridge-eiland, Washington.

Ouderdom: Ses tot nege jaar
Prys: R190,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.