“Dié verslag verwelkom selfs ’n kwotastelsel en vra dan boonop ook vir nóg strenger toepassing van rassewette – so asof hulle eie gelykheidsverslag skielik nie meer bestaan nie.”
Lees meerAlles vir Dinsdag 5 Desember 2023
Hamas sluit by Mandela-familie aan vir herdenking
Senior Hamas-beamptes het Dinsdag by die familie van Nelson Mandela aangesluit om die 10de herdenking van sy afsterwe te vier en die kollig te plaas op die konflik in Gaza.
‘Ingryping nou nodig om tegniese resessie te voorkom’
Ekonome meen dringende ingryping is nodig om ʼn tegniese resessie in die land te voorkom.
Solidariteit waarsku oor NGV-planne
In die aanmaning beklemtoon Solidariteit sy voorneme om die rolspelers in hulle persoonlike hoedanigheid aanspreeklik te hou indien daar met die NGV-proses voortgegaan word.
Matiestudent in urineervoorval verskyn in hof
Theuns du Toit, die Matiestudent wat geskors is ná hy op ’n medestudent se skootrekenaar geürineer het, word nou strafregtelik aangekla.
Ongeluk eis drie matrikulante
Drie matrikulante van KwaZulu-Natal is Maandagoggend dood en drie ernstig beseer in ʼn motorongeluk ná ʼn “penne neer”-partytjie.
Plasing van gesondheidswerkers afgehandel
Junior dokters het die afgelope week geraas gemaak omdat hulle nog nie plasings vir hul gemeenskapsdiensjaar ontvang het nie.
‘BSV’-paartjie ‘skatryk’ met hul tweede spruit
“Ons het gister nog nie lekker geweet na wie sy lyk nie, maar Cheréze het vandag so na haar gesiggie gekyk en gesê: ‘Dis definitief ʼn Bruwer-baba daai’.”
ToekomsVenster: Kom praat met God
Is God regtig so toeganklik? Is dit so maklik om te bid en met die Heilige te praat? Vandag is die uitnodiging egter dat jy eg kinderlik, eg-mens en afhanklik met God sal praat.
Ekonomie krimp in derde kwartaal
Die inkrimping is minstens minder as wat verwag is, maar is nietemin tekenend van die uitdagings wat die landbou-, vervaardiging- en mynbousektor ondervind.
Dié woorde staan uit in 2023
Dié woord se gewildheid het opnuut posgevat nadat Tom Holland dit vroeër vanjaar in ʼn onderhoud met Buzzfeed gebruik het.
Tronkstraf vir twee wat bedreigde plante onwettig smous
Twee mans van die Noord-Kaap, wat op heterdaad betrap is toe hulle skaars soorte vetplante verkoop het, is agt jaar tronkstraf opgelê.
Toeris dood in haaiaanval in Bahamas
“Sy het egter aansienlike trauma aan die regterkant van haar liggaam opgedoen en is op die toneel deur nooddienste dood verklaar,” lui die verklaring.
Twee nuwe spesies bosveldaronskelke in SA ontdek
Die ontdekking van dié twee nuwe spesies is veral merkwaardig omdat daar tot nou nog net een bosveldaronskelk (Stylochaeton natalense) in Suid-Afrika bekend was.
Johnson meen Warner verdien nie swanesang-toets
“Dit is nou al vyf jaar later en David Warner het nog nooit regtig hand in eie boesem oor die balpeuterskandaal gesteek nie.”
Lewenslank vir man wat Bellville-vrou vermoor
Volschenk is wreed in haar woonstel in die Seesig-woonstelgebou in Welgemoed in Bellville vermoor. Sy is herhaaldelik met ʼn mes gesteek voordat haar liggaam opgekap en in verskeie sakke versteek is.
Scott-Crossley tronk toe ná hy plaaswerker omry
Mark Scott-Crossley, die man wat skuldig bevind is dat hy ’n plaaswerker omgery het, is vandeesweek tot agt jaar tronkstraf gevonnis.
R151 miljoen se dwelms by Durban-hawe gekry
Dit is die derde groot klopjag by dié hawe die afgelope twee maande.
Gʼn grootgapery in dié seerowerstorie
“Dit moenie soos ʼn vertaling klink nie. ʼn Afrikaanse kind en voorleser moet dit in hulle eie taal kan geniet.”
Balju verhinder om beslag te lê op ANC-bates
“Ons kan net aflei dat dit ʼn poging is om ʼn spektakel te veroorsaak wat nie nodig is nie,” het die ANC se nasionale woordvoerder gesê.