Solidariteit waarsku oor NGV-planne

Argieffoto (Foto: Adhy Savala / Unsplash)

Solidariteit het ʼn vars aanmaningskrywe aan die vernaamste rolspelers in die totstandkoming van die beplande Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gestuur en aanbeveel dat hulle planne daarvoor onmiddellik gestaak word.

Dit kom op die vooraand van die sitting van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) waartydens daar oor die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering gestem moet word.

In die aanmaning beklemtoon Solidariteit sy voorneme om die rolspelers in hulle persoonlike hoedanigheid aanspreeklik te hou indien daar met die NGV-proses voortgegaan word. Die rolspelers sluit in pres. Cyril Ramaphosa, die ministers van finansies en gesondheid, asook die nasionale tesourie.

Nie een van die partye het op Solidariteit se oorspronklike aanmaningskrywe van 5 Oktober gereageer nie.

“Terwyl ons optimisties is dat verstandigheid sal seëvier deurdat die NGV-skema en -wetsontwerp uiteindelik in die geheel sal sneuwel, dui die geskiedenis daarop dat die NGV ondanks al sy ooglopende gebreke goedgekeur gaan word,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Volgens Hermann is die nodige intussen gedoen om vir die onvermydelike hofstryd voor te berei.

“Ons sal dit in so ʼn geval duidelik maak dat die partye die geleentheid gehad het om vóór litigasie met ons in gesprek te getree het om sodoende ʼn kostebevel in persoon vry te spring. Ons sal dan ook noem dat die betrokke partye verkies het om nie met ons daaroor te praat nie,” sê Hermann.

Solidariteit het by verskeie geleenthede aangedui waarom die NGV in sy huidige gedaante onwerkbaar, onbekostigbaar en onnodig is.

Sien Solidariteit se jongste aanmaningskrywe hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mieke ·

Hierdie NGV gaan eenvoudig bo almal se gesonde verstand afgedruk word. Aan die ANC is daar geen salf om aan te smeer nie.

Andre ·

…en die nuutste melkkoei se naam is NGV!
Sy het ‘n lekker groot trog om uit te eet.

Jan Jacobs ·

Mense gaan sterf met die plan, meeste privaat hospitale se equaty personeel is klaar nie op standard nie.

Jack ·

Nee wat die die klomp gaan voort strompel.Die idee is om vir die stemvee te betower met ‘n belofte van NGV in 2024 en hulle sal natuurlik met hulle hemde en kospakkies baie gretig in die ry staan om vir die groen,geel en swart te stem.Min wetende dat hulle GEEN voordeel uit die NGV gaan kry nie.Maar net nog ‘n lekker ontoerykende belofte waarvoor hulle weer gaan val en tot hulle spyt betaal in die volgende 5 jaar.

Michael ·

Bou ons eie hospitale stel ons eie personeel en dokters aan en noem dit die gesondheid sorg vir huidige benaadeelde minderhede.

Nicky ·

Weet nie waar gaan hulle skep nie want as dit gebeur stop ek my medies onmiddelik en sit daai geld weg en ek dink almal sal dit doen

electricmango ·

anc kannie eers die dokters plaas nie maar hulle wil nasionale gesondheid afdwing. wanneer die meerderheid in die regering graad 5 het dan is dit die gevolge van hul denke. Moenie stres nie Kuba sal ons uit die riool uit kom red.

Manie ·

Privaat hospitale, mediese fondse en die versekeringsbedryf wat dit onderskryf is eenvoudig te magtig en sal dit nie toelaat nie, al sê die wet ookal wat.

Suzette ·

… optimisties oor verstandigheid… moet mens lag of huil. Verstandigheid en anc kan nie in dieselfde sin gebruik word nie. Hulle luister nooit na raad of aanbevelings – wanneer die pap op die grond val gaan hulle in ‘n skok toestand.
Van oor tot oor is daar niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.