Ongeluk eis drie matrikulante

(Argieffoto: Pixabay)

Drie matrikulante van KwaZulu-Natal is Maandagoggend dood en drie ernstig beseer in ʼn motorongeluk ná ʼn “penne neer”-partytjie.

Die matrikulante was almal van Mnyamande High School, in die Amajuba-distrik, waar die ongeluk Maandag in die vroeë oggendure plaasgevind het. ʼn “Penne neer”-partytjie word gehou ná die matrieks hul laaste eksamen afgelê het en hulle hul penne uiteindelik kan neersit.

Muzi Mahlambi, woordvoerder vir die departement van onderwys, sê die beseerde leerders is in die hoësorgeenheid opgeneem. Volgens hom het die departement ook ʼn afvaardiging van beamptes na die distrik ontplooi om die families te besoek van die leerders wat gesterf het.

Imran Keeka, die DA se kieshoof in die gebied, het sy innige meegevoel aan die families en geliefdes van die slagoffers betuig.

Hy staan saam in geloof en bid vir die beseerde matrikulante.

“Ons doen ʼn beroep op die departement om vinnig die prosesse af te handel sodat die families berusting kan vind in hierdie tydperk van rou,” het Keeka bygevoeg. Hy rig dieselfde versoek aan die SAPD en verkeersdepartement om die ondersoek so vinnig as moontlik af te handel.

“Die DA versoek ouers, leerders en die groter gemeenskap opnuut om waaksaam te bly tydens ‘penne neer’-partytjies.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lettie ·

So jammer, sterkte aan ouers. Dink met hartseer aan hulle as die uitslae in 2024 bekend word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.