R151 miljoen se dwelms by Durban-hawe gekry

Die Durbanse polisie het ʼn vraghouer in ʼn koelkamer by die hawe deursoek en 433 blokke kokaïen gevind wat in vleisbokse versteek was. (Foto: SAPD)

ʼn Multidissiplinêre polisietaakspan het Maandag ʼn reusebesending kokaïen ter waarde van R151 miljoen by die Durban-hawe gevind. Die dwelms was in vleisbokse in ʼn houer versteek. Dié houer is op ʼn vragskip van Brasilië na die hawe gebring.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê dit is die derde groot dwelmklopjag by dié hawe die afgelope twee maande. In Oktober het dieselfde taakspan beslag gelê op kokaïen ter waarde van R150 miljoen.

Die Durbanse polisie het ʼn vraghouer in ʼn koelkamer by die hawe deursoek en 433 blokke kokaïen gevind wat in vleisbokse versteek was. (Foto: SAPD)

Volgens Mathe kom die jongste klopjag nadat lede van die span Maandag inligting opgevolg het.

“Die multidissiplinêre span het ʼn vraghouer in ʼn koelkamer deursoek en 433 blokke kokaïen gevind wat in vleisbokse versteek was.

“Niemand is al in hegtenis geneem nie en die saak is nou deur die Valke vir verdere ondersoek oorgeneem,” het Mathe gesê.

Die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, saam met Brasilië se polisiehoof, Adrei Passos Rodrigue. (Foto: SAPD)

Die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, het intussen met Brasilië se polisiehoof, Adrei Passos Rodrigues, vergader tydens Interpol se jaarlikse vergadering in Wene, Oostenryk.

Volgens Mathe het Masemola die toestroming van dwelms van Brasilië na Suid-Afrika met Rodrigues bespreek.

“ʼn Besluit is geneem om die vlak van samewerking verder te verhoog, wat reeds groot suksesse beteken het rakende die deel van inligting oor dwelms  en ander misdade, asook om internasionale misdaadsindikate teen te werk.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jacobus ·

Wat word van al hierdie dwelms? Ek het nog nerens gelees of gesien waar al hierdie dwelm fondse vernietig word nie.

Korrelkop ·

Wil ek OOK weet, Jacobus… Kry sekerlik n nuwe eienaar en iemand anders “pocket” weer

SwartBees ·

Jacobus, stel jou self voor jy kom op n fonds geld af, gaan jy:
a) Jou kar vol geld laai.
b) Jou vrou se kar vol geld laai.
c) Jou maatjies ook help laai.
d) Dan die oorblywende fonds rapporteer.
e) Al die bo-genoemde.

Di ·

As die polisie dit moet berg is dit “GONE” Kyk maar na alles wat in besit van die polsie gelos is, wat net verdwyn het

Johann ·

Gewonder wanneer FANNIE ook gaan begin pose namens sy ander kaders.

Jakes ·

Die agterstand met die aflaai van vraghouers in Durban hawe kan meebring dat die dwelms al verby hul verkoopdatum is dus is dit in elk geval waardeloos. Lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.