Matiestudent in urineervoorval verskyn in hof

Theuns du Toit. (Foto: Argief).

Theuns du Toit, die student van die Universiteit Stellenbosch (US) wat geskors is ná hy op ’n medestudent se skootrekenaar geürineer het, word nou strafregtelik aangekla.

Hy het Dinsdag vir die eerste keer in die landdroshof in Stellenbosch verskyn op aanklagte van crimen injuria en opsetlike saakbeskadiging.

Dirk van Niekerk, Du Toit se regsverteenwoordiger, het bevestig sy kliënt het net vlugtig in die hof verskyn en hy is vrygelaat op waarskuwing.

Hy het reeds ʼn versoek ingedien vir blootlegging van die dossier-inhoud.

“Ons wil hê die saak moet op verhoor gaan en is gereed daarvoor,” sê Van Niekerk. Hy het ook die kans om Babalo Ndwayana, die medestudent en nou klaer in die saak, onder kruisverhoor te neem, verwelkom.

“Hy sal nou die geleentheid hê om sy weergawe in die hof te stel.”

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, het gesê die saak is tot 13 Februarie volgende jaar uitgestel.

Du Toit is ná die sogenaamde urineervoorval verlede jaar uit die US geskors. Hy is deur die universiteit se dissiplinêre komitee skuldig bevind dat hy op die oggend van 15 Mei 2022 op Ndwayana se besittings in sy kamer geürineer het. Du Toit is ook skuldig bevind aan rassisme weens uitlatings wat hy glo gemaak het tydens die voorval.

Hy het hierna ʼn hooggeregshofaansoek gebring om die universiteit se dissiplinêre komitee se bevindinge teen hom tersyde te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Het die aanklaers nie geharde misdadigers om te vervolg nie?

Oom Charles ·

Verstaan nie mooi die samehang tussen hierdie berig en jou kommentaar nie, André.
As dit is wat hy gedoen het, en die berig sê nêrens ‘na bewering’ of ‘vermoedelik’ nie, dan het dit ewe min met die US as met die ANC uit te waai. Dit was maar net laakbaar en swak gedrag.
Wat wel pla, is dat van hierdie insident groter gewag genaak word as die gemiddeld 2 lewens wat elke week aan plaasmoorde afgestaan word.
Theuns se optrede was onnosel, maar die plaasmoorde is gekoppel aan uiterste wreedheid terwylv dit blykbaar maar net as alledaags aanvaar word. Ek (ons almal) het ‘n baie groter probleem daarmee as met bogenoemde.
Dis tyd dat daar weer regmatige aandag in die howe gegee word volgens prioriteit en erns van die oortreding.

Sobymykoolkop ·

Die arme voorheenbenadeelde se leuens gaan nou openbaar word…. mag wag bietjie, hy gaan weier om te getuig…

Net-my-opinie ·

Aag please….give it a rest. Our courts have certainly bigger fish to fry!

Susanna ·

Was dit omgekeer, dan was daar nie eers ‘n aanmelding van die saak nie.

Ore ·

Stem saam met kommentaar, hierdie jongman het ‘n fout begaan, ongelukkig waar ras nou die hoofrol speel. Die benadeelde het sekerlik al ‘n paar nuwe en beter skootrekenaar gekry en behoort nou met sy lewe aan te gaan. Toe ek ‘n jong soldaat was het ons erger dinge aan maats gedoen en ook ontvang maar ons lag vandag oor dit. Blote jongmens streke. So kan koshuisgangers ook seker van insidente getuig. Verskil hier is dat ras bepalend is.

Papsak ·

Ag asb hy het nie n moord gepleeg nie ek nie geweet pee kan dood maak nie maar o wee vergeet dit nou seker weer op ander kleur se goed gepee julle het sekerlik beter sake om na tekyk as hierdie belaglike sakie gaan vat groot ernstige sake aan en wat al af gehandel moes wees nou sukkel julle met die ou sakie pluk by

George ·

Republiek van Weskaap – die is n “regte” crime. Ek hoop jou kind is nooit die ontvanger van die Theunse van die wereld nie

George ·

Charles, ja daar is moorde en “groter crimes” maar dis nie tersprake hier nie. Hierdie gaan oor die persoon wat die daad gedoen het, daar is video. Glo my jy sal n ander deuntjie sing as die rolle omgeruil was, of as dit jou kind was.

George ·

Dis se baie van die afrikaner se normale gedrag as julle die so verdedig.

Juanita ·

Ons almal was jonk en meeste van ons het al stupid foute gemaak onder die invloed. Wat hy gedoen het was nie reg nie maar as hy op ‘n blanke student se rekenaar geurineer het sou die land nooit daarvan gehoor het nie. Hierdie storie word onnodig opgeblaas. Niemand het seer gekry nie en die hele land hoef dit nie te weet nie. Laat hy sy straf kry en aanbeweeg. Ek stel nie belang om verder hiervan te hoor nie. Daar word ‘n voorbeeld van hom gemaak wat nie die geval sou wees as situasie omgedraai was nie.

Peach ·

Maya Angelo het gesê….. people might forget what you said to them but, they will never forget how you made them feel. Plaas jouself in die skoene vd slag offer.

Republikein in die Wes Kaap ·

George, wat Du Toit gedoen het was verkeerd. Punt. Nie een kommentator hier verdedig sy aksies nie. Die verwysing na Afrikaners is ‘n rowwe veralgemening en ook venynig. Maar die geld en tyd wat die NVG nou op die saak spandeer word wel bevraagteken. SU kon die saak intern anders hanteer het, selfs binne koshuisverband waar swak gedrag vinnig uitgesorteer word.

Niklaas ·

Al word die saak ook erg opgeblaas omdat hy blank is , verskoon dit glad nie hierdie seun se gedrag daardie dag nie. Dit was totaal onbedagsaam en absoluut onnodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.