Scott-Crossley tronk toe ná hy plaaswerker omry

Mark Scott-Crossley tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Argief).

Mark Scott-Crossley, die man wat skuldig bevind is dat hy ’n plaaswerker omgery het, is tot tronkstraf gevonnis.

Scott-Crossley het Maandag in die Lenyeye-landdroshof naby Tzaneen in Limpopo verskyn.

Hy is tot agt jaar tronkstraf gevonnis op ʼn klag van poging tot moord en ʼn verdere twee jaar op ʼn klag van opsetlike saakbeskadiging.

Die hof het gelas dat sy vonnisse samelopend uitgedien moet word.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag in Limpopo het Scott-Crossley se vonnisoplegging Dinsdag bevestig.

Scott-Crossley is in 2017 in hegtenis geneem nadat hy oor Silence Mabunda (toe 37) gery het.

Mabunda is op 14 Desember 2016 met ʼn Jeep omgery buite Hoedspruit. Hy was ʼn werknemer by die Mohloholo-wildrehabilitasiesentrum en het ernstige beserings aan sy bene opgedoen.

Maroela Media het vroeër berig Mabunda het buite ʼn winkel op sy foon staan en praat toe Scott-Crossley die foon uit sy hand geruk en op die grond gegooi het.

Mabunda het besluit om na sy werkplek te stap toe Scott-Crossley verby hom in sy Jeep gery het. Scott-Crossley het ʼn U-draai gemaak en vir Mabunda omgery.

Scott-Crossley het in 2005 ook opslae gemaak toe hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir sy aandeel in die moord op een van sy werkers, Nelson Chisale, wat in ʼn hok met drie wit leeus gegooi is. Chisale is erg aangerand deur twee ander werkers voordat hy in die hok gegooi is.

Scott-Crossley se skuldigbevinding is in 2007 deur die appèlhof ter syde gestel en sy vonnis is na vyf jaar tronkstraf verander vir medepligtigheid aan die daad aangesien daar nie bepaal kon word of die oorlendene moontlik al weens die aanranding gesterf het voordat hy in die leeuhok gegooi is nie.

Hy is in 2008 op parool vrygelaat en het teen einde 2010 sy vonnis uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Korrelkop ·

Hy is ook mos familie van een van die vyf meisies wat destyds deur ou Gert van Rooyen ontvoer is

electricmango ·

Hy sal moet lig trap in die tjoekie, sy dade is biekie kommerwekkend vir n suid afrikaanse tronk.

Marius ·

Dit is belaglik verby , wat van Zuma wat verantwoordelik is vir n hele land se ondergang en verarming van n volk ??????
Is dit niks nie ?????? Die mense moet bykom !!!!!

Adriaan ·

Wel as mens kyk na sy geskiedenis en die feit dat hy ‘n U-draai met sy Jeep gemaak het om die persoon te probeer vermoor….dan dink ek 8 jaar is dalk bietjie min…

Casper ·

Nee wat,you do the crime you do the time.As hy dan onskuldig is laat hy appeleer,maar nee boetie sit maar.

Hennie Biebouw ·

Duidelik het die knaap ‘n probleem. Vir al die “sjoe!-mense” hier. Neem kennis dat sy vorige veroordelings tot die 8-jaar begrdra het. Om die waarheid te sê dink ek hy is gelukkig om net 8 jaar te kry.

In ‘n beskaafde samelewing ry jy nie net oor mense nie….

vuurvliegie ·

Ek hoop hy appeleer teen hierdie onregverdige vonnis. Sy vonnis is swaarder as moordenaars sin wat ‘n skande is op ons regstelsel. Anger Mananement kurses sal meer geskik wees met ‘n opgeskorte vonnis. Nie eers plaas aanvallers kry 8 jaar vir poging tot moord nie.

Kabous ·

Voorberade gedagtes om iemand ernstig seer te maak en vorigge veroordelings wat moord insluit?? Nee wat jy moet maar lekker sit, jy hou van die tronk geniet dit!

skurweberg ·

Kan ons waarlik se dat reg en geregtigheid vir alle mense in SA sal geskiet.?

Martie Smartie ·

En daai man het natuurlik ‘n hoop geld gekry van die Padongelukke Fonds. Elke ou wat petrol ingooi het help betaal.

Anel ·

Wat is die storie agter die storie? Hoekom het hy sy foon in die eerste plek uit sy hand geklap? Die man is nie onskuldig nie! Probleem is, hulle lok mens uit en as jy dan optree is jy die vark in die verhaal, en hulle weet dit! So ja.

Michael ·

Daar is twee tipe wette in Suid-Afrika een vir huidige benaadeeldes en een vir voorheen benaadeeldes, wanneer gaan daar net ‘n wet en straf wees vir die wat die wet breek.

Cassie Carstens ·

Ons was nie daar om te oordeel nie. Maar hierdie is ‘n gewetenlose mens wat permanent toegesluit behoort te word. Hy het geen menslikheid in hom nie. Hy leer nie uit sy foute nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.