Boek: ‘Diereverkenners – Tobie die diepseeduiker’

Sharon Rentta

Aandag, alle avonturiers! Die Diereverkenners-reeks is ’n inspirasie om jou drome na te jaag.

Tobie is ’n jong tier wat daarvan droom om die donkerste dieptes van die oseaan te verken. Al wat hy nodig het, is waagmoed, deursettingsvermoë – en ’n tuisgemaakte duikboot! Kom saam met Tobie op ’n pretbelaaide avontuur, en ontdek daarna die inspirerende verhale van drie regte oseaanverkenners.

Tobie die diepseeduiker volg op Lola en die singende orgidee in die Diereverkenners-reeks. Dit is deur Sharon Rentta geskryf en deur Jaco Jacobs in Afrikaans vertaal. Dit is geskik vir kinders van drie jaar en ouer.

Prys: R155,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by 
Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stof ·

Ek glo elke voorleser wat hierdie besondere vlaag van nuwe kinderboeke aan kinders voorlees, doen dit met met ‘n tintel op die tong. Mag elke kinderverhaal in Afrikaans wat die rak tref, voorspoedig wees en elke skrywer van kinderverhale, verder motiveer om vol te hou om te bly belê in hierdie kosbare génre .

So verseker ons dat ons nageslag, net so bevoorreg is soos ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.