Boek: ‘Loer binne’ – Die see, plaas

Hierdie kartonboeke met tien lig-en-loer-flappies gee aan kinders ʼn geleentheid om meer oor die see en plaas uit te vind.

Loer binne: Die see

Loer binne: Die see gaan kuier op die strand, kyk na haaie en ’n seekat onder die wateroppervlak en ontdek ander seediere soos seeskilpaaie! Vind uit watter diere woon bo-op of onder die yslaag en sluit aan by ’n duikspan om te kyk na ’n ou skeepswrak.

Loer binne: Die plaas

Loer binne: Die plaas gaan kuier op die plaas en sien watter diere daar woon, die verskillende plante wat geplant word en voertuie wat gebruik word. Gaan kuier in die stalle, die hoenderhok, by die varke en maak ’n draai by die dam.

Oor die uitgewer

Die kinderboekuitgewer Really Decent Books se hoofkantoor is in die Verenigde Koninkryk.

Ouderdom: Nul tot ses jaar
Prys: R150,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die Loer binne: Die see en Loer binne: Die plaas by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.