Die Oostenrykse polisie het 14 mense wat met die hoofverdagte van die terreuraanval in Wene verbind word, ingeneem vir ondervraging.
Lees meerAlles vir Dinsdag 3 November 2020
‘Bushiri se dossier nié gesteel,’ sê departement van justisie
“Die departement het die video’s en foto’s op sosiale media gesien wat sou beweer dat dokumente van toepassing op die saak van Bushiri, sy vrou Mary, onwettig verwyder is tydens die verrigtinge in die landdroshof.”
Twee voertuie in vlamme in taxi-geweld
Die polisie het ʼn gesamentlike operasie geloods om die taxi-geweld in die Ritavi-gebied buite Tzaneen te bekamp.
Foto’s: VSA na die stembus
Amerikaners, sommige met gesigsmaskers, ander nié, staan al van vroegoggend in al 52 deelstate van die VSA in die tou om te stem vir hul volgende president.
Nóg een sterf ná Gugulethu-skietery
Onbekende aanvallers het op die slagoffers losgebrand.
ToekomsVenster: Hoe ernstig is jy?
Ek wonder of ons dalk nie te maklik opgee met gebed nie?
Man trap fiets om vir SA te bid
“Ek trek sommer langs die pad af, slaan my tent op en slaap daar. Ek is op my eie, maar niks slegs het nog ooit met my gebeur nie. Ek het nog nie een keer my fiets vasgesluit nie en ek was nog glad nie in gevaar nie.”
Roerende huldeblyk aan vierpotige polisielid
“Ek sal my maat onthou as ʼn moedige vegter. Rus in vrede, my vriend.”
Boekresensie: Offers vir die vlieë
Hierdie grensverskuiwende jeugverhaal is aangewys as die waardige wenner van LAPA se 2019 jeugromankompetisie.
Haai, kyk! ‘Baby Shark’ YouTube se gewildste nóg
Sou al die stromings op YouTube van dié oorwurm herhaaldelik na mekaar speel word, sal dit beteken dat dit vir 30 187 jaar ononderbroke gespeel kon word.
Honderde dakloos ná brand in Dunoon
Meer as 42 informele strukture is verwoes en byna 140 mense dakloos gelaat ná die brand.
Skuldinvorderaars moet wanbetalers in Tshwane vasvat
Die stad het onsuksesvol probeer om die uitstaande skuld deur minder ingrypende maatreëls in te vorder.
Samesyn, herinneringe seëvier in nuwe kos- en reisprogram op TV
In ‘Terugkeer’ neem bekendes soos Rolanda Marais en Martelize Brink en Jack Parow kykers na hul tuisdorpe en eet saam met familie en vriende by ’n plaaslike restaurant.
Country-sanger in hospitaal
“Sy liggaam is baie vatbaar vir siektes en daarom het ons vanjaar besluit om baie minder konserte te doen sodat sy liggaam kan herstel.”
Honderde polisiebeamptes vir korrupsie ondersoek
Altesaam 55 sake van bedrog, 35 van afpersing en 136 beweerde oortredings van die Wet op Rampbestuur word onder meer ondersoek.
Nuweling Ché, Demi Lee betree Top-20
Demi Lee Moore se jongste enkelsnit, “Maak my jou tequila”, betree ook vandeesweek se Top-20 in die 16de posisie.
Is Morné Steyn nog goed genoeg vir die Boktrui?
“Teen die Stormers het die Bulls se voorspelers die spel oorheers terwyl Ivan van Zyl se diens ongelooflik flink agter die skrum was. Dit het vir Morné Steyn die nodige tyd en ruimte gegun om die spel te dikteer.”
Klagte oor bunny chow in sooibrand-advertensie verwerp
Ramasar het gesê bunny chow word nooit met sous en aartappelskyfies bedien nie en dat bunny chow nie noodwendig ʼn ongesonde maaltyd is wat gaan beteken dat mense Eno of ander soortgelyke produkte nodig gaan hê nie.
WGO-hoof in selfisolasie
Tedros Adhanom Ghebreyesus het Suid-Afrika aangeprys vir sy hantering van die koronavirus.
Hou VSA-verkiesingsuitslae só dop
Met byna 100 miljoen Amerikaners wat vanjaar vroeg gestem het deur by hul distrikskantore te gaan stem of om van ’n posstem gebruik te maak, heers daar wel onsekerheid oor hoe vinnig die stemme vanjaar getel sal word.