’n Afvaardiging van Suid-Afrikaanse amptenare het in Malawi aangekom om aan die uitleweringsverhoor van die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary Bushiri, deel te neem.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Shepherd Bushiri"
Hoë afgedank oor Bushiri’s se verblyfpermitte
Die hoofdirekteur van permitte by binnelandse sake is afgedank oor die permanente verblyfpermitte wat aan Shepherd Bushiri en sy gesin uitgereik is.
Bushiri rinkink glo in SA
Volgens die Valke is Bushiri egter steeds in Malawi.
Ouers vas wat glo omkoopgeld vir verkragting ontvang
Die ouers is glo gevra om oor hul dogter se verkragting te swyg.
Malawiese hof beslis teen Bushiri’s se inhegtenisneming
Die landdroshof in Lilongwe het Woensdag teen die inhegtenisneming van die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou Mary beslis.
Bushiri-saak: Brigadier en man in hof oor korrupsie
Die egpaar het glo betaling ontvang wat van die ECG na die brigadier se persoonlike rekening en ander familielede oorbetaal is in verband met ʼn verkragtingsaak in Potchefstroom.
Polisie-offisier in hof oor ‘betaling’ van Bushiri
Die lasbriewe vir die twee se inhegtenisnemings is Woensdag goedgekeur.
Aansoek vir Bushiri-uitlewering amptelik ingedien
Suid-Afrika sê Malawi sal, gegewe die twee lande se goeie verhouding, aan die aansoek gehoor gee.
Bushiri ontken verkragtingsklag; sê ‘wit polisiebeamptes’ pers hom af
Die voortvlugtende prediker sê daar is ʼn komplot teen hom deur “wit polisiebeamptes”.
Pandor kap terug oor Bushiri-ontsnapping
Dit volg nadat ’n Sondagkoerant die naweek berig het die Bushiri-egpaar is met onder meer diplomatieke paspoorte toegerus.
Malawi-hof laat Bushiri-egpaar vry
Die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, is Donderdag in Malawi uit aanhouding vrygelaat, berig die Malawiese media.
Bushiri-egpaar in Malawi aangekeer
Bushiri, leier van die Enlightened Christian Gathering Church (ECG), het vroeër aangekondig dat die egpaar by die Malawiese polisie gaan aanmeld om die verloop van gebeure te verduidelik.
Bushiri gaan by Malawiese owerhede aanmeld
Bushiri sê hy het nie net na Malawi gegaan om politieke ingryping te vra nie, maar ook om geregtigheid ingevolge Malawi se grondwet te vra.
SA paai oor vertraging van Malawiese vlug
Die departement sê die vertraging van die vlug was ‘ongelukkig en onvermydelik’.
Departement het geweet Bushiri’s is vlugrisiko – Motsoaledi
Minister Aaron Motsoaledi moes Dinsdag pa staan en verskeie vrae beantwoord omtrent die Bushiri’s se vlug landuit.
Lasbrief vir Bushiri’s uitgereik
Die Malawiese regering het intussen sy ontevredenheid te kenne gegee met die wyse waarop sy president glo met sy vertrek uit Suid-Afrika behandel is.
Bushiri: Opod ondersoek steeds klagte van afpersing
Die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri beweer polisiebeamptes het hom probeer afpers toe hulle verkragtingbewerings teen hom ondersoek het.
Proses begin om Bushiri’s te laat uitlewer
Die afgelope naweek is wyd gegis oor of die voortvlugtige Bushiri’s ʼn saamrygeleentheid op die Malawiese president se straler gekry het. Pres. Lazarus Chakwera was op ʼn staatsbesoek aan Suid-Afrika.
Regering moet verduidelik hoe Bushiri’s land verlaat
Die DA eis om te weet hoe Bushiri Suid-Afrikaanse burgerskap gekry het en hoe die egpaar landuit is gegewe die feit dat hulle kwansuis hul reisdokumente aan die Nasionale Vervolgingsgesag moes oorhandig nadat borgtog aan hulle toegestaan is.
Bushiri meld nié by polisie aan – Valke
Dit is nie duidelik presies wanneer hulle landuit is nie.