Polisie-offisier in hof oor ‘betaling’ van Bushiri

(Argieffoto)

ʼn Polisiebrigadier verbonde aan die georganiseerde misdaadeenheid van speurdienste by die polisie se hoofkantoor is saam met haar man in hegtenis geneem omdat sy glo geld by die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri ontvang het.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, het gesê die 46-jarige offisier en haar 50-jarige man verskyn na verwagting Donderdag in die Pretoriase landdroshof op aanklagte van korrupsie en dwarsboming van die gereg.

Die egpaar het hulle aan die Valke oorhandig wat die ondersoek na Bushiri behartig.

“Die lasbriewe vir inhegtenisneming is gister gemagtig en hou verband met ʼn bedrag van R500 000 wat glo aan die brigadier betaal is,” het Mogale gesê.

Volgens Mogale het die saak aanvanklik net as ʼn ondersoek begin, maar dit is in Februarie vanjaar in ʼn saakdossier omskep.

Die polisie het nie meer besonderhede verskaf oor hoe die brigadier se man by die ondersoek inskakel nie.

Bushiri en sy vrou, Mary, het verlede maand na Malawi gevlug nadat hulle in Suid-Afrika in hegtenis geneem is op aanklagte van onder meer bedrog en geldwassery van sowat R102 miljoen. Suid-Afrika het reeds die proses begin om hulle te laat uitlewer.

Bushiri is die leier van die Enlightened Christian Gathering Church.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

If they were’nt already a laughing stock, after Bushiri the ANC really are a laughing stock!

Onnie ·

As jy niks verkeerd gedoen het nie sal dit mos nie nodig wees om ‘n polisie brig. ‘n half miljoen te betaal nie. Dis net so goed soos n skulderkenning.

Jakes ·

Nog n polisie offisier wat ook die ANC se nasionale stokperdjie be oefen.

domheks ·

Wat het van SELF trots geword. Die mense leer vinnig by die cANCer se bestuur/parlementslede hoe om te skep. Die VREESLIKE pos benamings soos “BRIGADIER” is nou ‘n bespotting!
Wonder wat se ou GROOT HOED van “our people”?????
SKANDE cANCer!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.