Malawi-hof laat Bushiri-egpaar vry

Shepherd Bushiri en sy vrou Mary. (Foto: WIKUS DE WET / AFP)

Die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, is Donderdag in Malawi uit aanhouding vrygelaat, berig die Malawiese media.

Die egpaar het voor landdros Viva Nyimba in die landdroshof in Lilongwe verskyn ná hul inhegtenisneming Woensdag nadat Interpol ʼn lasbrief vir hul inhegtenisneming uitgereik het.

Nyimba het beslis dat die Bushiri’s sonder borgtog vrygelaat moet word omdat hul inhegtenisneming in Malawi onwettig was, en het bygevoeg dat die hof slegs na die wettigheid van hul inhegtenisneming gekyk het en nie na wat in Suid-Afrika gebeur het nie.

Rainbow Television het berig dat Nyimba die inhegtenisneming as onwettig beskou, aangesien die lasbrief nie deur die land se departement van binnelandse veiligheid gekanaliseer is nie.

Daar is verder berig dat die staat aangevoer het dat die misdrywe wat die paartjie glo gepleeg het nie binne die grense van Malawi plaasgevind het nie. Daar word nou gewag op ʼn formele versoek van die Suid-Afrikaanse regering om hulle uit te lewer.

Die egpaar het hulself Woensdagoggend aan die polisie in Lilongwe oorgegee nadat ʼn lasbrief vir hul inhegtenisneming Dinsdag in Suid-Afrika uitgereik is.

Hulle het Suid-Afrika in raaiselagtige omstandighede verlaat en na hul tuisland gevlug omdat hulle glo vir hul veiligheid vrees.

Die egpaar staan tereg op aanklagte van diefstal, geldwassery en bedrog in verband met ʼn beleggingskema in Suid-Afrika.

Hulle is op 4 November in die landdroshof in Pretoria op borgtog van R200 000 elk vrygelaat ná hul inhegtenisneming in Oktober.

As deel van hul borgtogvoorwaardes mag hulle slegs binne Gauteng en Noordwes gereis het totdat die saak afgehandel is. Hul borgtog is herroep en ʼn lasbrief vir inhegtenisneming is uitgereik.

Bushiri het gesê hy glo in die grondwet van Malawi om elke burger, onder wie hy en sy vrou, te beskerm, en daarom het hulle na Malawi gevlug.

Die dagblad The Nation het berig dat Bushiri gesê het hy gee nie om of daar op sy eiendom in Suid-Afrika beslag gelê word nie, omdat sy lewe belangriker as eiendom is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Byekonfyt ·

Nee wat . Hy is sy ‘besigheid’ in SA kwyt. Daarom gee hy nie om dat daar op sy besittings beslag gelê word nie. Wil hy nou ‘n ruiltransaksie aangaan? En as Malawi so wonderlik is, moes hy mos daar gebly het. Waarvoor dan in sy volle glorie SA toe kom?

Casper ·

“EERWAARDE”Bushiri jy noet kom pa staan vir jou kriminele dade in S A waar jy lekker geleef het.Jou eiendom is seker nie R 102 miljoen sterk nie.As jy skuldig bevind word gaan hulle in elk geval beslag lê op jou eiendom om te betaal vir geld wat jy onwettig bekom het en die eiendom wat jy gekoop het.Ek glo die egpaar sal ‘n opgeskorte vonnis kry en ek hoop hulle word gedeporteer.

twaalfboor ·

Nie net pa staan vir die R102mil nie. Ook die 15 klagtes van verkragting wat die publiek nie van weet nie.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Wag maar, julle twee skelms! Interpol en die lang arm van die gereg speel nie met mense soos julle nie!

Persheks Adri ·

Ek glo nie wat ek lees nie! Is hulle ook nou die gereg? Hulle beter kom betaal vir hulle sondes. Kamstig ‘n profeet pffft wat so is…

Snuffelgids ·

Is julle seker dit moet nie “Profit” Bushiri wees nie??? Want dis tog al wat hy voorspel, profit vir homself

Blikke ·

Gaan nie uitgelewer word nie……lekker “Fatcat” toekoms wat voorle en “Goodbye” R102,000 000!

Aai ·

‘n Klap in die gesig vir Interpol en miljoene Malawiers in SAwat hier werk jaag hulle terug as dit Malawi se houding is.

Cornelius ·

Die “Profeet” en “Marie”. Ek wonder of dit haar regte naam is. Die mense en ander sak toe op suid Afrika omdat daar soveel onkundige mense hier is wat deur die mense uitgebuit word.Liggelowige en Domheid is hoe die aanhangers en volgelinge van die “Profete” beskryf kan word. Dit is n prentjie wat hom ook in die res van die derde wêreld lande gevind word. Dit n rip off besigheid waarvoor mense met oop oë val.

Casper ·

Hoekom gaan dit so goed in Zambië en Botswana,want hulle duld nie korrupsie en bedrog nie en almal werk hard.

Pieter ·

Orals in afrika is die regerings en regstelsels n grap. Hulle kan sal nooit n land kan best nie

Annelize ·

Bushiri is so vol van homself dis om van te kots!!! Hulle is nou vrygelaat in Malawi, sekerlik nadat ‘n koevertjie of 2 hande gewissel het, en ek sal my kop op ‘n blok sit dis hoe hulle ook hier landuit is.

Almal is doodstil oor hoe hulle dit reggekry het, en met goeie rede, want as die waarheid moet uitkom, dink ek gaan hier ‘n diplomatieke, politieke en wetlike geknoeiery blootgele word wat nie eers Salomo sal kan uitpluis nie.

Genis ·

Nou wonder Genis hardop: Ou Cyril is dit ook “our People” moet wees as jy kyk na die bedrog?

Niklaas ·

Nou hoekom is ek nie verbaas nie ? Dis baie moontlik dat die Africa Salute daar gemaak is. (Dik koevert wat hande verwissel)

Suzette ·

Ek dag dan daar is ‘n goeie verhouding tussen SA en Malawie – as dit so is hoekom dwarsboom Malawie nou die geregtelike stappe. Ek glo nog steeds die twee was op die vliegtuig.
Ek stem saam met van die kommentare – pos al die malawiers in SA terug na hulle eie “wonderlike” land.

Jacobus ·

Hoe dan anders? Maar net n uitbreiding van n korrupte stelsel.

Lee ·

Hulle trek mooi aan vir profete – lekker duur klere en so aan gekoop met ander se geld.
Heilig is hulle nie.

Oom Hennie Pennie ·

Hy het seker die “african saluut” gegee {omkoop} en daar gaan hy.

JohanR ·

‘n Regering behoort nie ‘n verleentheid vir sy mense te wees nie. Ek dink ek sal nou te skaam wees as iemand my land van herkoms vra, om te se Suid Afrika. Ek dink ek sal nou maar net se ek bly in Afrika….iewers Suid! ANC you are a total and complete embarrasment as a goverment!

Blomme ·

Hy weet netsoos al die ander dat dit makliker is om in SA misdaad te pleeg en daarmee weg te kom as in enige ander land. Daarom is dit wraggies meer buielanders as Suid Afrikaners self wat die vreeslike misdade pleeg. SA se regstelsel sal hersien moet word..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.