Pandor kap terug oor Bushiri-ontsnapping

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge. (Foto: @DIRCO_ZA/Twitter)

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), Naledi Pandor, ontken bewerings in ’n Sondagkoerant dat haar departement betrokke was by ’n komplot om die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, uit Suid-Afrika te smokkel.

The Sunday Independent het die afgelope naweek berig diplomatieke paspoorte onder skuilname is vir die Bushiri-egpaar uitgereik. Hul gesigte is glo ook vermom voordat hulle op die Malawiese pres. Lazarus Chakwera se straler landuit is – ’n bewering wat die regering reeds telkens ontken het.

Luidens die berig was senior Malawiese en Suid-Afrikaanse politici en regeringsamptenare in ruil vir vergoeding by die ontsnappingskomplot betrokke.

Die Bushiri-egpaar (Foto: ANA)

Pandor het nou teruggekap na die opspraakwekkende bewerings.

“Minister Pandor is van mening dat hierdie aangeleentheid onderworpe moet wees aan ’n volledige en behoorlike ondersoek deur die verantwoordelike owerhede, eerder as bespiegeling wat grens aan onverantwoordelike joernalistiek,” sê Clayson Monyela, woordvoerder van Dirco.

Monyela sê verder dit is kommerwekkend dat Dirco nie die geleentheid gebied is om op die ernstige aantygings in die berig te reageer nie.

Pandor versoek nou dat die koerant die betrokke berig terugtrek en beoog om ʼn regsmening daaroor in te win.

Die Bushiri’s is tans weer op vrye voet nadat hulle verlede week in Malawi uit aanhouding vrygelaat is. Hulle is daar in hegtenis geneem nadat hulle ten spyte van hul streng borgtogvoorwaardes steeds uit Suid-Afrika kon vlug.

Die egpaar staan tereg op aanklagte van diefstal, geldwassery en bedrog in verband met ʼn beleggingskema in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

JohanR ·

Wie in SA glo enigeiets wat ‘n ANC se…..sigarette sal weer verkoop word….sigarette sal NIE weer verkoop word….ja baas!

Persheks Adri ·

O nee die 1 ontken net so vinnig soos Cyril. Waar daar ‘n rokie trek brand ‘n vuurtjie ne!

Dries ·

Nou kan die profeet en profetes nie nou maar vir almal vertel presies hoe hulle oor die SA grens gekom het nie?

Androclus ·

Ja hulle dink nie eers daaraan om vir hulle te vra hoe het hulle weggekom nie.Pateties

Androclus ·

Hulle kry nie eens skaam om so te lieg jy kan geen woord glo wat uit hulle monde kom nie,

Kokerboom ·

Afro Marxisme heers in SA. Die elite klou vas aan mag en rykdom en armes krepeer. Die ANC beskik nie oor vermoeë om te besef hul KAN NIE regeer!!

koos10 ·

Ek lees nie dat sy reguit sê die joernalis lieg nie. Nee dit moet ondersoek word en dit grens aan onverantwoordlike joernalistiek.
My magies man, as die joernalis lieg sê dit dan, maar nee sy speel met woorde en hier is waar die rokie ‘n vuurtjie word. Sy wil haar en haar regering se basse red met woorde.
Hoekom was die president van Malawi dan so skielik hier en weer weg?
Hoekom is hulle in Malawi los gelaat en nie gedeporteer nie? Ek dog dan die president van Malawi was hier oordag SA en Malawi sulke goeie bande het.
Weer bewys dat SA agter oor sal buig en alle wette oorboord gooi as dit by ons Afrika broers kom.

Jakes ·

Nou maar goed minister, verduidelik asb hoe het die profeet en sy gade op die vliegtuig beland? Het hulle miskien onder by die wiele geskuil? lol

quartus ·

Dit is so verleentheid vir SA. Die hele wereld lag vir ons ou piesang republiekie

Wilma ·

Geen verskonings van die koerant of enige terug trek van artikels moet gedoen word voor die saak nie afgehandel is nie. As daar dan onvoorwaardelik geen probleem was nie, die berig terug trek.

Spook ·

Die edele profeet en sy gade is te bekommerd oor die “wit” polisiemanne wat die twee se skelm agterente in die tronk probeers kry. Dis ironies. Hy word groot in ‘n land waar daar vir 50 jaar NIE ‘n wit mens in beheer was nie, maar sy ingeboude rassisme werk oortyd.

Genis ·

Tragies dat as n swarte gevang word met korrupsie is dit dadelik die wit man se skuld.. Kannie verantwoordelikheid vat vir hulle dade nie…

Regverdigheid ·

Hoe laat hul buite land se mense toe om skuld hier te maak vra net ?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.