Proses begin om Bushiri’s te laat uitlewer

Die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary. (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse regering het bevestig dat die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, nie aan boord van ʼn vlug was waarop Malawiese pres. Lazarus Chakwera en sy afvaardiging gereis het nie.

Chakwera, wat op ʼn staatsbesoek aan Suid-Afrika was, het Suid-Afrika Vrydag verlaat.

Die afgelope naweek is wyd gegis oor of die voortvlugtige Bushiri’s ʼn saamrygeleentheid op Chakwera se straler gekry het.

Phumla Williams, regeringswoordvoerder, het egter ontken dat die geval was.

“Ná die besoek het pres. Chakwera en sy afvaardiging van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria vertrek en op die OR Tambo-lughawe geland om ander amptenare op te laai wat vroeër na Suid-Afrika gereis het om vir sy besoek voor te berei, ” het sy gesê.

“Immigrasiebeamptes van die departement van binnelandse sake het die identiteite van alle passasiers nagegaan en mnr. en mev. Bushiri was nie op die vlug nie.”

Williams het gesê wanneer reisigers vertrek, moet hulle by ʼn immigrasiebeampte aanmeld wat onder meer seker maak die paspoort behoort aan die betrokke reisiger.

“Om te verseker dat geregtigheid geskied, het Suid-Afrika begin met ʼn proses om hulle uitlewering van Malawi ingevolge die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Protokol oor Uitlewering, waarvan Malawi ʼn ondertekenaar is, te verseker.”

Williams het gesê terwyl dié proses aan die gang is, gaan wetstoepassingsowerhede voort met hul ondersoek na die verloop van gebeure.

Die Bushiri-egpaar staan saam met hulle medebeskuldigdes tereg op aanklagte van onder meer bedrog en geldwassery wat nagenoeg R102 miljoen beloop. Hulle was sowat twee weke lank in aanhouding voordat borgtog van R200 000 aan hulle toegestaan is.

Die egpaar moes onder meer hul paspoorte ingee en moes ook by die polisie aanmeld.

Bushiri, ʼn omstrede miljoenêrprediker en leier van die Enlightened Christian Gathering Church, het die afgelope naweek op sosiale media aangekondig dat hy en sy vrou Suid-Afrika verlaat het omdat hulle vir hul lewe vrees. Die egpaar het boonop ʼn rits eise gestel waaraan voldoen moet word voor hulle weer in ʼn Suid-Afrikaanse hof sal verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Sarel ·

Hy gaan nie uitgelewer word nie want dan gaan hulle bekend maak hoe hulle die land verlaat het.

Einstein ·

Stem saam met jou, ou Sarel. Vir ‘n paar Rand uit die offergawe mandjie, kan jy al die hulp kry wat jy nodig het..

Zombie ·

Waarom het die geagte minister die woorde “banana republic” gebruik? Miskien voel hy iets diep in sy wese aan.

Jacobus ·

Snaaks dat eerbare minister “Fix bokkerall” selfs in ontkenning ons ‘n piesang republiek noem. Het hy al gehoor van el Bashire. Dat hulle onosel is is hulle probleem, dat ons daarvoor betaal is ons probleem!

Persheks Adri ·

Iemand moes hulle gehelp het! Nou wonder ek wie mmmmm

Gaan Jan die skuld kry of apartheid ek probeer self dink pffft dis oor hulle nie borg moes kry nie duh wie ookal so slim was!

Gemaskerde Sopbeen ·

Indien Malawi direkte see toegang gehad het sou hy waarskynlik op die Drommedaris die land uit geneem gewees het.

Yvonne ·

Ek ruik n vrot rot….soos alles in die land…hoe tragies het ons nie geword nie

Hennie J ·

As ek die naam Waterkloof lugmagbasis hoor dan eis ek want dis mos waar dinge gebeur. As die tweetjies (bonnie & clyde) na hierdie land terugkeer eet ek my hoed(of cele se hoed) op. Hou op tyd en geld mors om hulle op te spoor; tree eerder die person aan wat aan hulle borg toegestaan het en bestee die tyd en bronne aan die voorkoming en oplos van plaasmoorde.
Ons weet mos dat kader-betrokkenheid hier so duidelik soos daglig is.

Nie Verbaas ·

Hierdie land nie n banana republic nie? Kyk wat om jou aangaan. Dit is n banana republic. As jy nie weet dat jy nie weet nie sal n persoon dink dat daar niks fout is in ons land nie.

Misky ·

Gmpfffff, kyk net daai minister se spelling en sin bou. Spreek boekdele

Marius ·

Money talks . Ons geldgierige regering kan enige iets doen .

Vernon ·

Hy en sy vrou is weg soos laas maand se “pay”! SA sal hulle nie weer sien nie.

Antoinette ·

Ek dink persoonlik dat iemand in die regte posisie in die regte Departement omgekoop kan word vir valse ID’s en paspoorte, dit nie moeilik sou kon wees om op ‘n vlug te kom nie. Daar is sekerlik baie immigrasie-beamptes wie nie weet hoe die 2 lyk nie. Persoonlik sou ek ook om die bos gelei kon word as ek nie van beter geweet het nie. Dit was mos nie bekend toe hulle landuit is dat hulle van plan was om te vlug nie en so sou niemand bedag gewees het daarop nie.

ES ·

Hy moes nooit borg gekry het nie want hy was in die eerste plek nie eers wettig in die land nie so sy kanse om te vlug was 100%.

Adam Adriaan ·

“Talk is cheap but money buys the whiskey”. Met sy geld is dit baie maklik. Kry ‘n man met ‘n ligte vliegtuig wat die afstand kan aflê sonder herbunkering en siet daar. Vlieg van ‘n klein onbemande vleigveld af onder die radar uit.

JohanR ·

Nou hoevel gaan dit die belastingbetaler kos om die twee weer aan SA te lewer? Sal hulle op Waterkloof land op die selfde straaler wat al die ministers Zimbabwe toe gevlieg het op belastingbetalers se onkoste?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.