‘Storiekaros’ deur Wendy Maartens is die ideale boek vir jou kleinding wat van stories, rympies en speletjies hou.
Alles vir die sleutelwoord "kinderboek"
Boek: 50 vrae oor die menslike liggaam
Kort vrae en antwoorde in dié boek maak dit maklik en vinnig vir kinders tussen se en nege jaar om feite oor die menslike liggaam te leer.
Boek: ‘Liewe Heksie Leesboek 8’
Ontmoet Vian Oelofsen, die illustreerder wat vir pragtige volkleur-illustrasies in die ‘Liewe Heksie’-reeks sorg.
Cecilia Steyn lees voor uit ‘Die vinnigste skoene in die hele wêreld’
Nie net drie nie, maar sewe minute lange pure storiebederf deur Cecilia Steyn. Luister hier wat gebeur wanneer Wouter per ongeluk ʼn paar ‘superhero-tekkies’ aantrek. Dit is geskik vir kinders tussen ses en nege jaar oud.
Boek: Jaco Jacobs se ‘Bastian Blom’-reeks spog met heruitgawe
Jaco Jacobs se ‘Bastian Blom’-reeks het in 2012 en 2013 verskyn en sedertdien is 10 000 eksemplare verkoop. Die herdrukte weergawe spog met nuwe illustrasies deur Linki Brand, wat ook ‘Wetenskaap’ en die ‘Magriet’-reeks se illustrasiewerk gedoen het.
Boek: Wat maak Speurhond Willem in Australië?
Speurhond Willem snuffel al die afgelope 10 jaar skelmstreke en boewe met sy speurvernuf uit. Jong lesers se gunstelingspeurhond is terug met sy sewende boek.
Boekvoorlesing: Keegan en Samier word sleutel-speurders
Die skrywer André Trantraal se ma, Charmaine, sit ’n handjie by met dié voorlesing uit ‘Keegan en Samier 1: Die Sleutel Speurders’. Laat die jong span vir twee minute saam luister. Dit is geskik vir kinders sewe jaar en ouer.
Boek: Lea lief apies – Grypdiewe en gevaar
Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red is in haar bloed. ‘Lea lief apies: Grypdiewe en gevaar’ is geskik vir kinders nege en ouer.
Boek: Die seerowers en die spookskip
Span die seile en kom vaar saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders in ‘Die seerower en die spookskip’. Dit is geskik vir kinders tussen ses en nege jaar oud.
Boek: Ontmoet ʼn donsklos en zatjie in die Bullebakke se avonture
Weet jy wat ʼn “donsklos” en ʼn “zatjie” is? Die Bullebakke is terug met nog avonture. Die boek is geskik vir kinders sewe jaar en ouer.
Boek: ‘Die knorrige kwêvoël’ kry vriende
In ‘Die knorrige kwêvoël’ word die waarde van vriendskap uitgebeeld. Dit is geskik vir kinders tussen vier en agt jaar.
Boek: Die onderonsie
In “Die onderonsie” moet twee hase vinnig besluit of hul gestryery meer as hul lewens werd is wanneer ʼn honger jakkals sy opwagting maak. Dit is geskik vir kinders tussen drie en agt jaar.
Boek: Weet jy wat is ʼn goorgomgaai?
“Die goorgomgaai” het sowat 20 jaar gelede in Engels verskyn met die titel “The Gruffalo”. Sedertdien is ongeveer 13,5 miljoen eksemplare wêreldwyd verkoop.
Boek: Het jy al ʼn probleem ontmoet?
“Die probleem met probleme” help ou mense om die jonger garde se probleem met probleme beter te verstaan.
Boek: ’n Galery van katte
In “’n Galery van katte” neem Ruth Brown die lesers, en veral katliefhebbers, op ʼn unieke kunservaring.
Boek: Die koala wat wou klou
“Die koala wat wou klou” is ’n boek met rympies oor hoe om dapper te wees en nuwe dinge aan te durf. Dit is geskik vir kinders van drie tot nege jaar.
Boekvoorlesing: Stories uit ʼn Mammahart
Wat is dan lekkerder as om ʼn groot bak springmielies nader te trek en na opwindende kinderstories te luister? “Stories uit ʼn Mammahart” bied 12 unieke kinderstories wat jou en die kroos ure lank sal vermaak.
Boek: Melkweg
Het jy al daaraan gedink dat die Melkweg nie net ʼn miljoen sterre in die hemelruim is nie? Lees meer oor Oskar, Bossie en Gesie se avonture in “Melkweg”.
Boek: Die eekhorings kry stry
“Die eekhorings kry stry” is ’n boek met rympies oor mededeelsaamheid en om saam met ’n vriend oor enigiets te kan skaterlag. Dit is geskik vir kinders van drie tot nege jaar.
Boek: Ontdek die wêreld van Magriet, ʼn stadshoender
Die Magriet-reeks is gebaseer op die ware avonture van ʼn hoender in Johannesburg.