Boek: Die eekhorings kry stry

Rachel Bright

Zak die eekhoring het die hele somer lank gespeel en baljaar. Die winter is om die draai en hy besef geskok dat sy winterspens dolleeg is. Dan sien hy sy redding… ’n dennebol propvol heerlike pitte. Maar hy is nie al eekhoring wat sy oog op die dennebol het nie.

Die eekhorings kry stry is ’n boek met rympies oor hoe om mededeelsaam te wees, en saam met ’n vriend oor iets te kan skaterlag.

Oor die skrywer

Rachel Bright het grafiese kuns aan die Kingston-universiteit studeer. Met haar treffende illustrasies en pittige stories het sy reeds ’n menigte pryse en benoemings vir kinderboeke ingepalm. Haar boeke is reeds in meer as 30 tale vertaal.

Oor die vertaler

Jaco Jacobs het kommunikasiekunde studeer en sy honneurs in Afrikaans en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Jacobs het al meer as 170 boeke vir kleuters tot jong volwassenes geskryf. Sy eerste boek, Troetelgedrog, het in 2001 verskyn.

Die eekhorings kry stry is deur Jim Field geïllustreer.

Genre: Prenteboek
Ouderdom: Drie tot nege jaar
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.