Boek: Jaco Jacobs se ‘Bastian Blom’-reeks spog met heruitgawe

Jaco Jacobs

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa woon op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed, soos valstande, ou brille, posseëls met vlermuise op (hy het nog net 13 en daar is nie baie seëls met vlermuise op nie), skilderye van katte (hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie), porselein-uile en boeke met spookstories.

Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture.

Oor die skrywer

Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde top-verkoperboeke vir kleuters, kinders en tieners. Sy skryfwerk wissel van prettige kinderrympies tot spokerige grilstories, van vermaaklike feiteboeke tot lekker skaterlagstories. Hy het reeds meer as 150 boeke die lig laat sien, en meer as 1,2 miljoen eksemplare van sy boeke is verkoop.

Oor die illustreerder

Linki Brand hou van teken en stories. Sy is in Potchefstroom gebore. Daarna het sy in Pretoria en later in Venterstad in die Bo-Karoo gewoon. Brand het grafiese ontwerp aan die Noordwes-Universiteit studeer en in die geheim opgewonde geraak oor illustrasiewerk. In die Kaap het sy eers in Hermanus en daarna Bettysbaai en Greyton vryskutwerk gedoen. Sy woon tans in Penicuik, Skotland, saam met haar man, Werner, dogtertjie, Fia, en seuntjie, Ben. In 2018 het sy illustrasies vir twee kinderboeke in Brittanje gedoen en ’n strokiesprent in die 24 Panels-bundel gepubliseer.

Prys: R145,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die e-boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.