Boekvoorlesing: Keegan en Samier word sleutel-speurders

André Trantraal

Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …

Vrydagmiddag ná skool kuier Samier en Samia by Keegan totdat hulle pa klaar gebid het by die moskee. Op pad huis toe tel Jenni-Lee ’n bossie sleutels op. Ouma besluit om hulle te wys hoe vingerafdrukke werk en saam doen hulle ’n bietjie speurwerk … Sal hulle kan uitvind aan wie die sleutels behoort?

Dié reeks is deur André Trantraal geskryf en geïllustreer. Dit is perfek vir beginnerlesers. Die stories is eenvoudig, identifiseerbaar en geskryf met ’n lekker pas wat lesers se aandag sal hou.

  • Luister hierbo na ’n voorlesing uit Keegan en Samier 1: Die Sleutel Speurders. Dit is deur André Trantraal geskryf en word deur sy ma, Charmaine, voorgelees. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ’n klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Ouderdom: Sewe en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R60,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.