Boek: Die koala wat wou klou

Rachel Bright

Kevin die koala hou nie van verandering nie. Nee! Hy hou daarvan dat alles bly net soos dit altyd is. Hy sit bo in sy boom en kou blare, en kyk af na die ander diere wat heerlik onder rondspeel. Die ander diere nooi hom om af te klim en saam te speel, maar hy wil daarvan niks weet nie. Tot op ’n dag, wanneer sy geliefde boom begin kraaaaak … en alles verander.

Die koala wat wou klou is ’n boek met rympies oor hoe om dapper te wees en nuwe dinge aan te durf.

Oor die skrywer

Rachel Bright het grafiese kuns aan die Kingston-universiteit studeer. Met haar treffende illustrasies en pittige stories het sy reeds ’n menigte pryse en benoemings vir kinderboeke ingeoes. Haar boeke is reeds in meer as 30 tale vertaal.

Oor die vertaler

Jaco Jacobs het kommunikasiekunde studeer en sy honneurs in Afrikaans en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Jacobs het al meer as 170 boeke vir kleuters tot jong volwassenes geskryf. Sy eerste boek, Troetelgedrog, het in 2001 verskyn.

Die koala wat wou klou is deur Jim Field geïllustreer.

Genre: Prenteboek
Ouderdom: Drie tot nege jaar
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.