Boek: ’n Galery van katte

Ruth Brown

Tom besoek ’n baie spesiale kunsuitstalling waar elke skildery ’n kat bevat. Een vir een spring die katte almal uit hul rame en volg hom, totdat ’n baie groot kat hulle weer na die veiligheid van hul regmatige plekke laat hardloop.

Die skrywer Ruth Brown het haar eie unieke en amusante meesterstukke geskep in die styl van twaalf bekende skilders van reg oor die wêreld. Jong kinders sal dit geniet om die skilderye saam met Tom te ontdek, te kyk na die groeiende aantal katte wat hom volg en om die katte by die skilderye te pas.

’n Galery van katte bied ʼn puik inleiding tot kunsgeskiedenis wat deur kinders én hulle oupas en oumas geniet sal word.

Ouderdom: Vyf en ouer
Prys: R150,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.