Stad Kaapstad se brand- en reddingsdiens in Belhar het vinnig reageer en die lewe van ʼn twee weke oue baba gered.
Lees meerAlles vir Maandag 12 Oktober 2020
Ramaphosa se standpunt oor landelike misdaad verwelkom
“Die handhawing van wet en orde in die land moet geprioritiseer word en daarom word die praktiese stappe wat deur die president in sy nuusbrief vanoggend voorgestel is, verwelkom.”
Blouligskandaal: Polisiehoë verskyn in die hof
Sy is die 13de beskuldigde in die saak.
Bendelede sit lank
Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Yolisa Matakata en haar bestuurspan verwelkom die lang vonnisse wat ses bendelede Maandagoggend in die Kaapstadse hooggeregshof opgelê is.
Parktown Boys’ High se skoolhoof afgedank
Die Gautengse departement van onderwys het Maandag die skoolhoof van Parktown Boys’ High, Malcolm Williams, afgedank.
ToekomsVenster: ‘Genade en vrede vir julle’
Kom ons praat oor Jesus en genade.
Ongeregistreerde tandarts nou agter tralies
Die man het glo sedert 2018 onwettig as tandarts gepraktiseer. Tugstappe teen die tandarts wat hom aangestel het, gaan ook volg.
Cele besoek vermoorde Brendin Horner se familie Dinsdag
Die twee ministers sal ook met verskeie landbouorganisasies vergader.
Kommer oor huidige kannabis-konsepwetsontwerp
SADPI sê die maande lange verbod op alkohol en drank – wat sedertdien opgehef is – het die onvermydelike en skadelike gevolge wat selfs net ʼn tydelike verbod kan aanrig, duidelik gemaak.
Polisiehoof gee steun vir ondersoek ná inhegtenisneming van nóg ’n polisiehoë
Sy is ʼn nasionale adjunk-kommissaris wat verantwoordelik is vir menslike hulpbronbestuur by die polisie.
Staking by Gautrein duur voort
Numsa het Vrydag met die Gautrein se bestuur vergader en sê hoewel verskeie voorstelle geopper is, het die onderhandelings weereens ʼn dooiepunt bereik.
Ons sal self die toekoms van skole verseker
Fourie sê die SOS het eintlik jare lank voorberei vir ʼn krisis wat hulle nie eers geweet het sou kom nie. “Nou het die krisis op sy beurt verseker ons is reg vir ʼn toekoms van wêreldgehalte Afrikaanse onderwys met die regte tegnologie aan ons kant.”
Bronkhorstspruit-aanval: Man veg steeds om lewe
Cynthia is intussen ontslaan en sterk by die huis aan.
Foto’s: Honderde in Pretoria ruk op teen plaasaanvalle, -moorde
Volgens ’n organiseerder blyk dit dat die optogte teen plaasaanvalle en -moorde tog die regering se aandag trek.
Man dood ná inhegtenisneming
Die man het glo later alleen by die huis aangekom, maar was in ʼn vreeslike toestand.
Nuwe Opod-nommer ‘bemagtig gemeenskappe’
“Verkla beamptes wat aan diens slaap. Verkla beamptes wat slagoffers van geslag- of gesinsgeweld by polisiestasies wegwys. Verkla beamptes wat staatshulpbronne en -voertuie misbruik. Verkla beamptes wat burgers teister en intimideer.”
Video: Slim plan vir nuuskierige woefe
ʼn Video van ʼn heining, waar twee hondegesiggies skielik uit gate in die heining loer, vermaak talle kykers.
Verbruikersake: Is jy reg om te reis? Kies die regte reisversekering
Ina Opperman verduidelik wat jy moet doen om seker te maak dat, as iets weer jou vakansie in die wiele ry, jou beursie nie aan die korste end gaan trek nie.
Vrou vas vir moord op Britse burger in SA
Die vrou word ook ondersoek vir haar moontlike betrokkenheid by die verdwyning van nóg ʼn man.
Emfuleni se bankrekening gevries
Die munisipaliteit gaan waarskynlik nie sy skuldeisers aan die einde van die maand kan betaal nie.