“Die swembad het ʼn simbool van hoop geword. Iets wat onmoontlik was, is nou reg. Dis amper soos ʼn wedergeboorte.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Senekal"
Senekal sonder water weens ‘reën, vakansiedae’
Waterbeperkings is niks vreemd vir inwoners van Senekal nie, aangesien beurtwater hier reeds jare lank ʼn instelling is, maar dié keer is die situasie onuithoudbaar, kla inwoners.
André Pienaar tronk toe gestuur
André Pienaar is Donderdag in die streekhof in Bethlehem tot tronkstraf gevonnis in verband met die oproer by die Senekal-landdroshof in Oktober 2020.
Borgtogaansoek in Senekal-moord uitgestel
Abraham Thomas Fourie staan tereg op die moord van sy lewensmaat, Johanna Maryna Venter.
Vrystaatse man vas vir moord op lewensmaat
Polisiebeamptes het op ’n gru-toneel in die huis op Senekal afgekom.
Senekal-beskuldigde vir sielkundige waarneming verwys
Pienaar en Fourie staan onder meer tereg op aanklagte van openbare geweld en poging tot moord.
Brendin Horner-moord: Verdagte ook nou in ander saak aangekla
Een van Horner se vermeende moordenaars staar nou ook aanklagte van ontvoering en verkragting in die gesig in verband met ’n ander saak.
Senekal: Versoek om Pienaar vir waarneming te stuur
Die saak teen André Pienaar en SJ Fourie is tot volgende jaar uitgestel.
Die Senekal-storie: Van vrese na vrede
Een van Barend la Grange se persoonlike doelwitte is dat Suid-Afrika tien jaar van nou af ’n soveel beter plek moet wees, dat sy kleinkinders dit as ’n opsie moet kan hê om hier te bly. Dit verg net ’n wil. Hy glo elkeen behoort die vraag aan hom of haar te stel: Wat kan ek doen om Suid-Afrika ’n beter plek te maak?
Brendin Horner-moord: Só sê hof oor borgtog
Die landdros het ʼn beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, gedoen om te verseker dat die verhoor so gou moontlik afgehandel word.
Senekal: Een van beskuldigdes se DNS nié in bakkie
Volgens Matlaletsa se regsverteenwoordiger is daar heelwat teenstrydighede in die staat se saak teen hom.
Tien lesse uit Senekal-gebeure
Die afgelope tyd se gebeure by Senekal het tot soveel berigte en gerugte gelei, dat dit moeilik is om sin uit alles te maak. Daar staan vir my tien lesse in die gebeure uit, skryf Flip Buys.
Senekal: Hof sê oor borgtog vir tweede verdagte
Fourie ontken skuld.
Senekal: Pienaar op pad huis toe
ʼn Tweede verdagte verskyn intussen na verwagting ook vandag in die hof in verband met die oproer buite die hof.
Senekal: Tweede verdagte Maandag in hof
Die ondersoekbeampte in die vermeende moordenaars se saak het Vrydag getuig brandende stukkies papier is tydens die oproer in die hof se aanhoudingselle gegooi.
Tweede verdagte vas oor Senekal-oproerigheid
ʼn 33-jarige man van Senekal in die Vrystaat is Vrydagmiddag in hegtenis geneem in verband met openbare geweld op 6 Oktober buite die plaaslike landdroshof.
Klag ingedien oor EFF se “Kill the Boer”-lied op Senekal
“Plaasmoorde is ʼn realiteit en dit is hierdie soort onverantwoordelike uitlatings en aanhitsing wat sonder enige twyfel ʼn rol speel in plaasaanvalle en -moord.”
Senekal: Bloed van drie mans in Horner se bakkie gekry
Brendin Horner (21) het volgens die nadoodse ondersoek steekwonde aan sy kop, skouer, arm asook aan sy hande gehad.
Senekal: AfriForum woedend oor elke gestorwe boer
Socks Masoka, uitvoerende hoof van die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa), het by AfriForum se byeenkoms gesê hy haal sy hoed af vir elke mens wat vandag hier is.
Cele oor Senekal: ‘Dis nie ʼn piekniek’
Cele sê een mens is tot dusver vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen in hegtenis geneem en dat die polisie intussen ook nog inhegtenisnemings verwag in verband met verlede week se oproer.