WAARSKUWING: Die inhoud van die berig is grafies van aard en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.
’n Man het vandeesweek op aanklag van moord in die Senekal-landdroshof in die Vrystaat verskyn nadat sy lewensmaat Sondagoggend dood in hul huis op dié dorp aangetref is.
Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is omstreeks 07:45 na die huis in Waterstraat ontbied waar Johanna Maryna Venter (48) se liggaam in ’n slaapkamer aangetref is.
Makhele sê polisiebeamptes is by hul aankoms by die huis begroet deur Abraham Thomas Fourie (52) wat hom as Venter se man voorgestel het.
Venter is op haar rug op die bed met brandwonde aan haar gesig en twee wonde tussen haar oë aangetref.
“By nadere ondersoek is daar gevind dat Venter met warm water gebrand is. Haar neus was gebreek en daar was bloedvlekke teen die mure en op die vloer.”
Venter is op die toneel dood verklaar.
Daar is op twee bloedbevlekte baadjies van Fourie beslag gelê. Hy is later in hegtenis geneem in verband met die moord, nadat hy daaroor ondervra is.
Fourie sal na verwagting weer Maandag in die hof verskyn wanneer hy aansoek om borgtog sal doen.
Die moordondersoek duur voort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Ag nee, ek weet werklikwaar nie meer wat om te sê nie en wat gaan in mense se koppe aan?
Die manier waarop sy aangerand en vermoor is, lyk meer op ‘n inbraak, maar nou ja, in dié anti-wit SA moet ‘n wit ‘n naasbestaande mos maar altyd verdink word van moord op ‘n ander wit mens. Dis blykbaar nie polities korrek om die ware moordenaars van wit mense te soek, te vang, te verhoor en te straf nie. As jy wit is in dié anti-wit SA, pas jouself dan BAIE GOED op, want reg en geregtigheid gaan NIE tel as jy iets sou oorkom nie.
Sjoe, die absolute wreedheid van mense ….
omw wreed so wreed
RIV Me Venter
Satan loop loshande rond.