“Denel betaal tans nie sy werknemers se volle salarisse nie en kom steeds nie sy ander kontraktuele en statutêre verpligtinge na nie.”
Lees meerAlles vir Donderdag 22 Oktober 2020
Wetsontwerp gepubliseer om vergrype met grendelstaat te stop
Die wetsontwerp, indien dit aanvaar word, sal onder andere ‘n einde maak aan die praktyk dat ministers na willekeur regulasies kan uitvaardig, waarvan die logika en noodsaaklikheid baie mense ontglip.
Vrystaat-brande: Mosie aanvaar om boere te help
Die nasionale raad van provinsies (NRP) het Donderdagmiddag eenparig ʼn mosie aanvaar om die landbouminister te versoek om die Vrystaatse distrikte, wat vandeesweek onder brande deurgeloop het, as ‘n rampgebied te verklaar.
Vrystaat-brande: Klagte teen Ndlozi gelê vir aanhitsing
Die Demokratiese Alliansie het Donderdag strafregtelike aanklagte aanhangig gemaak teen Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, vir aanhitsing tot brandstigting ná ʼn liedjie wat hy in Senekal gesing het.
Drie word vier jaar ná kaping gevonnis
Drie persone is in die Mmabatho-streekshof gevonnis in verband met ʼn kaping wat in Maart 2016 plaasgevind het.
Vrou in hof oor R4,8 miljoen se Covid-19-bedrog
Pumla Gambula (49) het Donderdag in die Mthatha-landdroshof verskyn op aanklag van Covid-19-bedrog van meer as R4,8 miljoen.
ToekomsVenster: Ware geluk is om die Here te vertrou
Gelukkig, vervuld en geseënd in God se plan op die regte plek waar die Here jou wil hê.
Saak teen Bellville-landdros weer uitgestel
Volgens adv. Phyllis Vorster, aanklaer by die private vervolgingseenheid, is die saak ’n sprekende voorbeeld van waarom mense vertroue in die strafregstelsel verloor.
Beurtkrag bly vir eers SA se voorland
Eskom het Donderdag terugvoer gegee oor die stand van die kragnetwerk.
Kabinet sê oor plaasmoorde
“Die boerderygemeenskap is ’n integrale deel van ons ekonomie.”
Konsertgids: Manie Jackson, Petronel Baard dié naweek te sien
Maroela Media het ʼn konsertgids saamgestel van konserte waarmee musiekliefhebbers kan ontspan.
Weens Covid-19 dog dokters baba se van is ʼn grappie
ʼn Man wat tydens die afsonderingsperiode pa geword het, sê hy moes sy identiteitsdokument vir dokters wys omdat hulle gedink het die pasgebore babatjie se van is ʼn grappie.
Jong navorsers beïndruk by Studentesimposium
As jy dink Afrikaans is aan’t uitsterf, dink weer! Altesaam 33 ontluikende navorsers het tydens die SA Akademie se derde Studentesimposium referate in Afrikaans gelewer.
Ma herleef hoewe-aanval wat dogter eis
“Party dae is beter as ander; die trane lê maar vlak. Ten spyte van wat gebeur het, bly die Here goed vir my.”
SA’ner sorg vir vuurwarm spel in Siberië
Tog is daar twee dinge waarmee die meeste Suid-Afrikaners – om nie eens van ’n Groblersdal-boorling te praat nie – in Rusland sal sukkel: Die bibberweer en die taal.
Video: Kommer ná ‘EFF’ op winkel toesak
“Ek sal daardie mense aansê om hierdie winkel te kom verniel. Ek sê dit nou vir jou …”
Angelo Agrizzi ‘in ernstige toestand’ ná hartaanval
Agrizzi moes deur mediese personeel bygebring word.
Video: Motoris skiet verdagte dood
Die volgende oomblik kan gesien word hoe een van die mans aan die bestuurder se kant op die grond val.
Polisielede wat jok oor k-woord hoor dán hul lot
Twee polisiebeamptes wat hul eertydse bevelvoerder valslik van rassisme beskuldig het, sal vandeesweek nog gevonnis word.
Brendin Horner-moord: Só sê hof oor borgtog
Die landdros het ʼn beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, gedoen om te verseker dat die verhoor so gou moontlik afgehandel word.