Vrou in hof oor R4,8 miljoen se Covid-19-bedrog

Pumla Gambula (Foto verskaf deur die NVG)

Pumla Gambula (49) het Donderdag in die Mthatha-landdroshof verskyn op aanklag van Covid-19-bedrog van meer as R4,8 miljoen.

Sipho Ngwema, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het gesê Gambula het vlugtig in die hof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R20 000.

Gambula het glo, deur haar maatskappy Phathilizwi Training Institute, ʼn kontrak met die OR Tambo-distriksmunisipaliteit aangegaan om bewusmakingswerkswinkels te hou.

“Die maatskappy het, tussen Maart en Junie 2020, tydens die strenger vlakke van die Covid-19-afsonderingsperiode, twee fakture van onderskeidelik R3 miljoen en R1,8 miljoen by die munisipaliteit ingedien,” het Ngwema gesê. “Die maatskappy het beweer dat hulle deur-tot-deur gemeenskapsbewusmakingswerkswinkels oor Covid-19 gehou het in verskillende wyke in die Mhlontlo- en Port St John’s-munisipaliteite.”

Die staat voer aan Gambula en haar werknemers het die wyke in die munisipaliteite besoek, maar lede van die gemeenskap is gevra om hul name neer te skryf vir Covid-19-welsynstoelaes. “Geen bewusmakingswerkswinkels is gehou nie.”

Bywoningsregisters wat by die fakture ingedien is as bewys van dienste gelewer, het die name bevat van persone wat nie eers in sommige van die wyke woon nie. Die dokumente is wyd op sosiale media gedeel en só is die waarheid onthul.

“Alhoewel die geld nie aan die beskuldigdes (Gambula en die Phathilizwi Training Institute) oorbetaal is nie, sou die munisipaliteit moontlik skade gely het deur die valse voorwendsel.”

Gambula is in hegtenis geneem deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke).

Die saak is tot 30 Oktober 2020 uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Persheks Adri ·

Hoe de hel regverdig R20 000 borg die korrupsie van R4,8 miljoen rand?

Boere betaal R15 000 borg vir tande wys in Senekal en die moordenaar kry borg vir R5 000? Ek ruik rassisme in die howe

Persheks Adri ·

Ons soek die groot visse Alta ja die klein vissies help, maar kyk die borg bedrag nee genade

Deon ·

Hoe dom kan hulle net nie wees nie, sy kon n sak vol geld gemaak het as sy net die regte ding gedoen het…. Maar nee, ekke ek suk mahala

Lynette ·

Net die onderhoud van daai hare ALLEEN vreet n groot deel van die R4.8 miljoen op….

Dries ·

Sekere lewens maak saak. Of so word ons aangese om te erken. Ek wonder hoeveel mense se lewens sou dalk gered gewees het as hulle wel so werkswinkel bygewoon het. Die Oos-Kaap was nogal swaar getref met die virus…

Genis ·

Die wat die betaling goed gekeur het moet ook vervolg word… Dis eindelik maklik, daar is reeld vir die ANC, reels vir ANC/EFF, Reels vir EFF, dan is daar reels vir die ander kleuriges wat nie ANC is nie. DAN IS DAAR REELS TEEN DIE WITTES..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.