Brief aan Denel en ministers: Julle tree in eie belang op

Solidariteit het vandeesweek ʼn skrywe aan Denel se direksie, asook aan verskeie ministers, insluitend die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordan, en die minister van finansies, Tito Mboweni, gerig om die regering se onvermoë om Denel voldoende by te staan om sy omkeerplanne tydig tot uitvoering te bring, te takel.

In die brief beskuldig Solidariteit die ministers daarvan dat hulle mekaar en Denel slegs in die openbaar ondersteun, maar dat hul optrede nie met hul narratief strook nie en dat hulle dus nie in die beste belang van Denel en sy werknemers, of in openbare belang optree nie. Die beskuldiging word gemaak omdat Denel steeds nie opgetree het om uitvoering te gee aan ʼn hofuitspraak wat hom verplig om sy werknemers se agterstallige salarisse en ander statutêre aftrekkings te betaal nie en omdat sekere divisies steeds versuim om volle salarisse te betaal.

Die arbeidshof het reeds op 28 Augustus ʼn dringende aansoek ingevolge ʼn klag van minagting van die hof teen Denel aan Solidariteit toegestaan omdat Denel die uitspraak teen hom op 4 Augustus verontagsaam het.

“Dit is totaal onaanvaarbaar dat die staat nie verantwoordelikheid vir sy entiteite wil aanvaar nie,” sê Helgard Cronjé, sektorkoördineerder van verdediging en lugvaart by Solidariteit. “Dit is weens historiese foute van wanbestuur en wanadministrasie wat juis deur die staat en sy trawante in Denel begaan is dat Denel vandag finansieel nie kop bo water kan hou nie. Dit is egter nie die staatsamptenare en hul kaders wat hieronder ly nie, maar lojale werkers wat met onder meer hul salarisse hiervoor moet boet.”

Denel betaal tans nie sy werknemers se volle salarisse nie en kom steeds nie sy ander kontraktuele en statutêre verpligtinge na nie. Denel het intussen ook afleggings in vier van sy divisies aangekondig.

Solidariteit het verskeie oplossings aan Denel voorgestel om dié entiteit in staat te stel om homself om te draai. Dit verg egter die ondersteuning van die staat asook die aanpassing van sy tydsame besluitneming- en implementeringstrategie wat veroorsaak dat dit Denel tot so veel as 18 maande neem om aksies uit te voer.

“Ons beroep ons egter nie uitsluitlik op hierdie skrywe nie. Solidariteit is tans besig om ʼn lasbrief te kry wat ons dan op Denel kan afdwing om die agterstallige salarisse en ander fooie wat aan ons lede verskuldig is, te verhaal. Voorts beskou ons ook die volgehoue wanbetaling van salarisse en nienakoming van ander kontraktuele en statutêre verpligtinge as ʼn eensydige verandering aan diensvoorwaardes en ons is tans besig om verdere stappe in die verband teen Denel te ondersoek. Solidariteit sal die belange van ons lede deurentyd beskerm en sal hulle bystaan in enige van die afleggingsprosesse wat Denel aangekondig het,” het Cronjé bygevoeg.

Lees die brief hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cornelius ·

Nog n staats instansie wat ineenstort as gevolg van die ANC se onvermoë om te regeer.

Hennie ·

Maar laat ‘n private maatskappy sy werkers so behandel… Dan dans die steenkool poppe!

Gert Johannes ·

Wie en wat is DENEL? ANC besit, sal netso gaan met die plase wat hulle wil onteien.!! Die swartes het nie die vermoeë om enige iets te bedryf, te ontwerp of selfs AutoCad, SolidWorks, ProEngineer of enige van die te bemeester nie, slegs blankes. Dit is waarom die werkers nie betaal word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.