Polisiehoof gee steun vir ondersoek ná inhegtenisneming van nóg ’n polisiehoë

khehla-sitole

Genl. Khehla Sitole die hoof van die SAPD. Foto: Phando Jikelo/ANA .

Die nasionale polisiekommissaris, Khehla Sitole, sê hy neem kennis van lt.genl. Bonang Mgwenya se inhegtenisneming vir haar beweerde betrokkenheid by die toekenning van ʼn bedrieglike multimiljoen rand tender vir waarskuwingstoerusting vir die polisie.

Mgwenya is douvoordag in ʼn klopjag by haar huis aangekeer.

Sy is ʼn nasionale adjunk-kommissaris wat verantwoordelik is vir menslike hulpbronbestuur by die polisie en is die 13de verdagte wat vasgetrek is in verband met dié bedrogondersoek na die verkryging van blou ligte en ander waarskuwingstoerusting.

Mgwenya was glo betrokke by die verkryging van die toerusting in 2017. Die algehele bedrag vir die kontrak het R191 miljoen beloop, maar net R65 miljoen is aan die diensverskaffer, Instrumentation for Traffic Law Enforcement, betaal.

Sitole het die steun van die polisie se topbestuur in enige misdaadondersoek teen enige polisielid weer benadruk en sê “niemand is bo die wet verhewe nie”.

“My standpunt rakende misdaad deur lede binne die geledere van die polisie is duidelik gemaak deur die inhegtenisneming van ʼn menigte polisielede deur ’n taakspan wat aan my verslag doen oor ondersoeke na bedrog.”

Hy sê die gereg moet in alle strafsake waarby polisiebeamptes betrokke is sy loop neem en dat geregtigheid moet geskied.

Sitole sê verskeie maatreëls is ná Mgwenya se inhegtenisneming ingestel om te verseker dat dienslewering nie negatief geraak word nie.

Van die polisiehoës wat reeds in verband met die saak vasgetrek is, sluit in die voormalige nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, die voormalige polisiekommissaris van Gauteng, Deliwe de Lange, ʼn adjunk-polisiehoof in Gauteng, brig.genl. Nombhuruza Lettie Napo, lt.genl. Ramahlapi Johannes Mokwena (ʼn afgetrede polisielid), brig. James Ramanjalum, genl.maj. Ravichandran Pillay en kol. Thomas Dumas Marima asook sers. Maetapese Joseph Mulaiwa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sarel ·

Skenkings aan die Polisie vanuit die Gemeensksp was deur Snr. Offisiere van die hsnd hewys

JM ·

Hoe kan so ‘n polisiemag vertrou word? Dit skree ten hemele!

Casper ·

Meneer die kommisaris onderwerp alle offisiere aan sekerheidsklarings en jy gaan geskok wees om te sien hoeveel het kriminele records.Ek glo die polisie se onderwysstelsel OPOD sal korrektief optreë soos die man men met die hoed aanbeveel.

Johannes ·

Wat van poligraaf toetse pp die lede. Kan net dink hoeveel lede is skelm van natuur.

Johannes ·

Nou hoe kan ‘n polisiediens funksioneer met senior lede soos die? Geen wonder die SAPD gaan of is al ten gronde nie.

Mrs H ·

Dis wat gebeur as jy volgens n kwota van ras werk… hulle behoort hulle te skaam! Tyd om volgens bevoegdhede te werk.

Wakkerslaper ·

Die gevolge wanneer ‘n bevoegde polisiemag met MK terroriste “getransformeer” word…. Wat de hel het ons gedink…?

Hennie J ·

Onthou tog net: Hoe beter n kader jy is, hoe hoer is jou rang. (ek is te ongeletterd om die deelteken op die e te kry)

Spook ·

Miskien is die kommisaris ontevrede omdat niemand vir hom ook ‘n deel van die skelm geldjies gegee het nie.

Ansie ·

Dis opmerklik dat die oorgrote meerderheid van hierdie kriminele polisiehoës is. Geen wonder dat diegene wat onder hulle “dien” ook nie die nodigheid daarvan insien om eerlik te wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.