Ongeregistreerde tandarts nou agter tralies

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

’n Man is in hegtenis geneem nadat hy die afgelope twee jaar as tandarts in Johannesburg gepraktiseer het sonder dat hy by die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGB) as tandarts geregistreer is.

Die RGB het saam met die polisie se misdaadintelligensie-eenheid en die Johannesburgse blitspatrollie op die praktyk van dr. Abram Behr Fait in Randburg toegeslaan en vasgestel dat Vladimir Jovanovic as tandarts by dié praktyk praktiseer sonder dat hy as mediese praktisyn geregistreer is.

“Dit is ook vasgestel dat Jovanovic sedert 2018 as tandarts by die praktyk praktiseer en dat Fait sedert Maart vanjaar nie meer by die praktyk praktiseer nie.”

Fait was ook nie by sy praktyk toe die RGB toegeslaan het nie.

Jovanovic is in hegtenis geneem en ingevolge die Wet op Gesondheidsberoepe aangekla.

Hy sou na verwagting Maandag in die hof verskyn om aansoek om borgtog te doen.

Die saak sal ook na die Raad vir Mediese en Tandheelkundige Beroepe verwys word vir tugstappe teen Fait aangesien hy ʼn ongeregistreerde persoon in diens geneem het en toegelaat het om te praktiseer.

Die RGB het ook sy kommer uitgespreek oor die toename in gevalle waar mense hul voordoen as gesondheidsorgpraktisyns en praktiseer terwyl hulle nie by dié raad geregistreer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dries ·

As hy n graad in tandheelkunde het is hy n tandarts. Dit is die vraaag. Om in hierdie land te registreer vir enig iets is hel. Jou kleur moet reg wees en jy sal moet omkoop geld betaal. Dit is n siek en korrupte spul

Dirk Mostert ·

Wat van omgewingsaktiviste wat geen wetenskaplike kwalifikasies het nie, laat staan nog geregistreer is as wetenskaplikes? Dink aan Greta Thunberg wat haar voordoen as kenner van klimaatsverandering, maar nie eens skool klaargemaak het nie. Wat van Jonathan Deal en Lewis Pugh (skaliegas). Nie een is gekwalifiseer in geologie nie. Myns insiens behoort hulle ook vervolg te word.

Jakes ·

Indien die man wel n gekwalifiseerde tandarts is en mense wel gehelp het dan moes hy maar homself liefs gegregistreer het. Daar is egter sommige tandartse wat wel geregistreer is maar by wie ek ver sal vanaf wegbly om aan my mond te werk.

4ntj13 ·

Partykeer is die Oos-Europese mense net vir praktyk onder toesig in staatsdiens geregistreer. Dit sal dus sy werk in ʼn privaatpraktyk steeds onwettig maak, al is hy hóé goed gekwalifiseer en ervare. Ek wonder egter of die Raad van hom te wete gekom het via pasiënte of kollegas. Dan, ʼn “mediese praktisyn” is ʼn dokter, en NIE ʼn tandarts nie. Al die betrokke etiese reëls asook die betrokke Beroepsraad, is egter dieselfde. En, ja, hulle is heelwat meer aspris met Caucasiërs as met Nigeriese gesondheidsorgwerkers, byvoorbeeld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.