Boek: Melkweg

Bart Moeyaert

Op een van die laaste somerdae sit Oskar, sy ouer broer Bossie, en hul vriendin Gesie in hul klubhuis op die muur rondom Ou Yster SV. Die klubhuis het nie ’n dak of mure nie, en ook niks anders wat by ’n klub pas nie. Kyk hulle af, is daar geen teken van die avonture wat op hulle wag nie.

Al wat hulle sien, is Melkweg, ’n rustige straat waar ’n bejaarde vrou haar stokou worshond uitlaat. Dis asof die tyd stilstaan en dit altyd somer sal bly. Dan stel Bossie voor dat hulle ’n weddenskap aangaan, en skielik is alles in rep en roer.

Oor die skrywer 

Bart Moeyaert is ʼn bekende kinder- en jeugboekskrywer, digter en dramaturg. In 2002 was hy ’n finalis vir die internasionale Hans Christian Andersen-prys. In 2019 ontvang hy ook die Astrid Lindgren-prys. Sy boeke is reeds in meer as 19 tale vertaal. Sedert 2003 is hy ’n dosent in kreatiewe skryfwerk aan die Konservatorium in Antwerpen. Hy woon in Antwerpen,

Oor die vertaler 

Zandra Bezuidenhout behaal in 2005 ’n doktorsgraad in die moderne poësie van Afrikaans- en Nederlandstalige vroue. Sy werk onder meer as vertaler, onderwyser en deeltydse dosent, en tans as vryskuttaalpraktisyn. Haar debuutbundel Dansmusieke (2000) is met die Ingrid Jonkerprys bekroon en die tweede bundel Aardling het in 2006 by Protea Boekhuis verskyn.

Prys: R195,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.