Valke-speurder se liggaam in veld gevind

(Argieffoto)

ʼn Speurder van die Valke wat vermis geraak het toe hy van Gauteng na KwaZulu-Natal sou reis, se liggaam is in ʼn veld gevind.

Lt.kol. Sikheto Mawila (63) het Saterdag sy huis in Tsakane in die Ekurhuleni-metro verlaat om na Durban te reis waar hy vir die Valke werk. Volgens kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het Mawila aan sy gesin gesê hy sou by ʼn vulstasie in Heidelberg stilhou om brandstof in te gooi.

“Die gesin het ’n uur later bekommerd geraak toe hulle hom nie op sy private en amptelike selfone kon bereik nie. Hulle het hom later as ’n vermiste persoon aangemeld.”

Volgens Nkwalase het die polisie in Tsakane Maandag inligting ontvang oor ’n liggaam wat deur ’n verbyganger in ’n oop stuk veld in Tsakane gevind is. Die liggaam is positief geïdentifiseer as die van Mawila. Hy is geskiet en het steekwonde opgedoen.

’n Saak van moord, ontvoering en kaping is by die Hlanganani-polisiestasie aanhangig gemaak. Niemand is al in hegtenis geneem nie.

Hy was verbonde aan die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek in Durban en het deel gevorm van die Valke se Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) se ondersoekspan.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, Valke-hoof, het ’n multidissiplinêre span opdrag gegee om die moord te ondersoek en sy innige meegevoel met Mawila se familie en kollegas betuig.

Mawila was deel van die spesiale Valke-span wat apartheidsmisdade wat voor die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) gedien het, ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Misky ·

Gaan kyk maar met watter sake was hy tans besig. Iemand wou hom uit die pad hê. Sterkte aan sy familie.

Anel ·

Hoe lank wil hulle nog “apartheid misdade” ondersoek? Die spul was en is nog steedsmoordenaars nou is hulle heros!!!! Pleks ondersoek hulle plaas moorde want niemand word daarvoor gearessteer nie. Ek voel jammer vir die mense wat hierdie sake moet ondersoek want die meester van hulle was nog nie eens gebore nie. Nou moet hulle boet agv politiek! Stetkte aan sy familie en kollegas.

Euodia ·

Ja als waar hierbo. Wanneer het Ramposi al ooit simpatie betoon aan boere se families wat pas en mas verloor het deur moord, verkragting en diefstal. Nee nee nee!!!

Bolandse Nooi ·

Vra maar jouself as: “Wie het ‘n appeltjie te skil gehad met dié ou” en jy sal die moordenaar vinnig vind.

Casper ·

Dit is byykans 444 jaar later en nog steeds krap die ANC ou wonde oop.Is dit werklik vir geregtiheid of is dit ‘n heksejag.

Casper ·

Hierdie lid se sinnelose moord kan nie aan apartheid toegeskryf word nie maar die moontlikheid bestaa dat hy dalk te diep gedelf het.

Ronéll ·

Baie jammer dat hy sy lewe agv misdaad verloor het. Baie sterkte ook aan sy familie en vriende.
Dit is net baie vreemd dat hy op 63 jarige ouderdom nog n lid van die SAPD is. Alle SAPD lede, wat ingevolge die Polisie wet aangestel is,word verplig om op 60 met pensioen te gaan.

Gert ·

Die ANC sit agter baie van die politieke moorde van hul teenstaanders met wie hulle kompetisie gehad het om die mag oor te neem van die vorige regering. Chris Hani is maar een voorbeeld. Hul sal enigiets doen om dinge van daai tyd toe te smeer.

Althes ·

Lyk of dit nou weer onder apartheid sake ingesleep word. Laat hulle wyer kyk. Dit kan persoonlik of werksverband wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.