Altesaam 67 Suid-Afrikaners is dood nadat ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, het pres. Jacob Zuma Dinsdag in ʼn verklaring gesê.
Lees meerAlles vir Dinsdag 16 September 2014
Selfmoord in krokodil-dam
ʼn 65-jarige vrou van Thailand het selfmoord gepleeg deur by ʼn gewilde toeristeplaas in ʼn dam vol krokodille te spring.
Springbokflank sal lank aksie mis
Die Springbokflank François Louw sal weens `n geknypte senuwee in sy nek vir die res van die Rugbykampioenskap op die kantlyn sit. Hy het sy nek teen die All Blacks beseer en het Dinsdag `n spesialis gespreek.
Poskantoor-werkers staak wéér
Minder as ʼn week nadat ʼn staking by die poskantoor opgelos is, het tydelike werkers weer met ʼn onwettige staking begin.
Berugte Zim-tweeling vas oor misdade in Rustenburg
ʼn Tweeling van Zimbabwe wat glo ʼn reeks misdade in Rustenburg in Noordwes gepleeg het, is in hegtenis geneem.
Nóg ‘n kouefront verwag
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat die land weer koeler temperature teen die naweek te wagte kan wees.
WGO kort $1 miljard om ebola te stop
Die Wêreldgesondheidorganisasie het Dinsdag gewaarsku dat die aantal ebola-gevalle in Wes-Afrika elke drie weke kan verdubbel.
Pensioenaris-puntsman deur swerm bye aangeval
ʼn Pensioenaris van Centurion wat vir Outsurance as ʼn puntsman werk, is Dinsdagmiddag omstreeks 17:30 deur ʼn swerm bye aangeval.
Kovsie-studente: “Nou is hulle saam”
Chrisna Botha (20) is Dinsdag in die Mediclinic Bloemfontein oorlede nadat sy oor die naweek van haar perd afgeval het.
Grabouw: Betogers weer met rubberkoeëls verdryf
Die polisie moes Dinsdag weer van rubberkoeëls en traangas gebruik maak om betogers op die N2 in Grabouw te verdryf.
Resep: Knoffelbrood
Hierdie maklike knoffelbroodjie is heerlik saam met braaivleis en ‘n slaai
Uitdrukking: Tussen die reëls lees
Wat het spioenasie en “tussen die reëls lees” met mekaar te doen? Lees vandag se Taaltoffie vir die herkoms van dié uitdrukking.
Vermeende diewe aangerand
Twee vermeende diewe is vir huisbraak en diefstal in Kagiso naby Roodepoort in hegtenis geneem nadat inwoners hulle aangerand het.
Foto’s: Walvis by St Francisbaai gered
ʼn Boggelrugwalvis is bevry nadat hy in toue by St Francisbaai in die Oos-Kaap verstrengel geraak het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Dinsdag gesê.
Studente teleurgesteld oor UP se hantering van rassisme-klagtes
Taaibos-koshuis se studente is ontevrede oor die manier waarop die Universiteit van Pretoria ‘n klag van rassisme hanteer.
Aksieplan vir die bekamping van plaasmoorde
AfriForum het Dinsdag ʼn reeks met tien praktiese voorstelle van maniere hoe plaasmoorde in die praktyk bekamp kan word aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) voorgelê.
35 000 liter petrol gesteel
ʼn Vragmotor wat 35 000 liter petrol vervoer het, is Dinsdagoggend in Johannesburg gekaap en ʼn paar uur later leeg aangetref in Protea Glen.
Pa brand ma met strykyster voor agtjarige
ʼn Man is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou tydens ʼn bakleiery met ʼn warm strykyster gebrand het.
Kannibaal-saak uitgestel
ʼn Man wat glo ʼn ander man se hart uitgesny en dit geëet het, het Dinsdag in die Athlone-landdroshof in Kaapstad verskyn.
Baba op snelweg: Ma vir ondersoek gestuur
ʼn 19-jarige vrou wie se babaseuntjie op die N1 naby die Grasmere-afrit gestap het, is vir sielkundige waarneming gestuur.